Skip to content

Lizelle de Bruin

AANBIEDERS​

Lizelle de Bruin

Lizelle is ‘n ervare radioregisseur en -omroeper, en direkteur van Wordwise Media, wat bekend is vir die konseptualisering en maak van korporatiewe video- en opleidingsmateriaal. Sy spesialiseer in radio, en tree gereeld op as seremoniemeester en motiveringspreker. Sy bied ook klasse aan in kreatiewe kunsterapie. As skrywer en Christenvrou in die mediawêreld, is dit haar passie om godsdiens só te verpak dat dit vir almal toeganklik en verstaanbaar is. “Dit is vir my belangrik om mense se stories te vertel en om inspirasie te los waar ek ookal gaan." Almal het 'n plek nodig waar hulle motivering en inspirasie kan kry, en deur haar kreatiewe leefstyl skep sy juis geleentheid hiervoor. Dinge wat jy dalk nie weet nie, is dat Lizelle nie vis eet nie want sy eet niks wat verder as sy kan swem nie, sy drink haar koffie swart en het altyd kleurkryt in haare handsak.

Deel nou

Â