Skip to content

AANBIEDERS

Alphabet Filter

Jacqui kan Sondae op RSG gehoor word in Leefwêreld van die Gestremde en Dis Gospel.

Willem bied die middag huis-toe-ry-program, Spitstyd, aan. Op Saterdagaande kuier hy saam met jou in U Eie Keuse. Hy saai uit vir die blote liefde vir die medium.

Ilse Salzwedel is ‘n joernalis en skrywer van Johannesburg. Daar het al vier boeke uit haar pen verskyn.

Blaine het aan die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit studeer, en 'n graad in kommunikasie behaal. Sy doel is om in die volgende paar jaar sy merk in die bedryf te maak.

Fritz word weekliks deur luisteraars aangestel as hulle “oudedoos” musiekmaestro, en is boonop ‘n gesertifiseerde motorfanatikus. Hy is die man met die donkersoet stem met ‘n tikkie stout.

Fran-Rico is 'n lewenskragtige radio-aanbieder en regisseur by RSG. Sy groot liefde vir radio is weens die geleentheid wat dit skep om mense bymekaar te bring.

Phil se eerste kennismaking met die mikrofoon was as aankondiger by militêre attaché-parades. Kommunikasieprojekte was sy gunsteling tydverdryf, veral by avontuurkampe, want  adrenalien is sy ding!

Sophia van Taak het ’n agtergrond in die joernalistiek, en het ervaring as reisjoernalis, TV-aanbieder, vertaler en proefleser. Op RSG is sy die aanbieder van Vers en Klank.

0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x