Skip to content

Henco Kruger

AANBIEDERS​

Henco Kruger

Weeksmiddae en Sondagoggende kuier Henco by RSG-luisteraars. Hy is ook die aanbieder van die gewilde insetsel, Kuns Met Kontant, op Spitstyd. In die aande is hy nuusleser by die Afrikaanse TV-nuusspan, ‘n seremoniemeester vir korporatiewe reuse, 'n gespreksfasiliteerder en mediakommentator onder die troetelnaam wat RSG-luisteraars hom gegee het, Henco met ‘n C. Die C staan vir soveel meer as net die C in sy naam. Weens sy finansiële studies en kwalifikasies, is C vir cents en capital. C is ook vir cappuccino en charcoal, want Henco sê nooit nee vir ‘n goeie koffie of ‘n lekker braai saam met vriende nie. Langs die braaivleisvuur word daar gewoonlik cheddarkaas saam met 'n glas chardonnay geniet, terwyl hy vir sy gunsteling rugbyspan, die Cheetahs, skree. Hy wil graag eendag weer die Visrivier-canyon en Comrades-wedloop aanpak, maar vir eers geniet hy om enige rustyd saam met sy gesin by sy gunsteling vissersdorpie by die C deur te bring.

Deel nou

Â