Fanie is ‘n opvoedkundige praktisyn, en is die afgelope 40 jaar intensief betrokke by die bemagtiging van mense met gestremdhede in Suid-Afrika. Hy is ‘n trotse gebruiker van bilaterale kogleêre inplantings. Fanie bring sy vrye tyd op die Tafelberg-reeks en op die pragtige strande in die Kaapse Skiereiland deur. Hy is ook bekend vir sy skilderye van die omgewings wat hy daagliks besoek. Hy glo dat elke mens ‘n storie het om te vertel, en dat elke mens die geleentheid moet kry om tot volle potensiaal te kan ontwikkel, in weerwil van hulle beperkinge. Hy is ‘n passievolle voorspraakbeampte vir toeganklike omgewings en dienste vir alle mense, insluitend mense met gestremdhede.