Verpersoonlik inhoudvoorkeure

Ons gebruik koekies om jou te help om jou soektog doeltreffend te maak, en om sekere funksies te vervul.  Jy sal besonderhede oor al die koekies hier onder vind.

Die koekies was as “noodsaaklik” gekategoriseer is, word op jou webblaier geberg aangesien dit noodsaaklik is om die noodsaaklike gebruiksfunksies van die webblad te aktiveer.... 

Noodsaaklike koekies word vereis om die basiese eienskappe van die blad in werking te stel, soos ‘n veilige intekenfunksie of om jou voorkeure vir toestemming of aanvaarding aan te pas.  Hierdie koekies berg nie enige data wat jou kan identifiseer nie.

Funksionele koekies maak sekere eienskappe of gebruiksfunskies moontlik, soos om die inhoud van die webwerf op sosialemediaplatforms te deel, terugvoering te kry, en ander derdepartyeienskappe

Analitiese koekies word gebruik om te verstaan hoe gebruikers die webwef gebruik.  Hierdie koekies help om inligting te verskaf  soos die getal gebruikers wat die webwerf besoek, die persentasie besoekers wat die webwerf verlaat sonder om spesifieke inhoud te benut of op funksies te reageer, of die kanale of roetes te bepaal wat die gebruiker gevolg het tot by die webwerf. 

Prestasiekoekies word gebruik om die gewildste dele van die webwerf te ontleed en te verstaan ten einde gebruikers se ervaring van die webwerf te verbeter.

Reklamekoekies word gebruik om advertensies te plaas wat ooreenstem met verbruikersvoorkeure, en gebaseer is op vorige besoeke aan webwerwe. Dit word ook gebruik om die doeltreffendheid van reklameveldtogte te bepaal. 

Skip to content

NUUS

26 Februarie 2025

Die Gautengse departement van Gesondheid sê hy het die salarisse van 66 werkers uit sy werksmag van 80-duisend bevries, as deel van pogings om van spookwerkers op sy bestaalstaat ontslae te raak. Dié stap is deel van die provinsie se Ziveze-veldtog, wat in Oktober verlede jaar van stapel gestuur is. Dit is daarop gemik om verkwistende uitgawes te beperk deur seker te maak dat elke individu wat 'n salaris van die departement ontvang, 'n wettige werknemer is wat aktief bydra tot gesondheidsorgdienste. Die woordvoerder, Motalatale Modiba, sê elke personeellid moes persoonlik by die Menslike Hulpbronne-afdeling aanmeld, vir 'n verifikasieproses. Hy sê diegene wat versuim om dit te doen loop die risiko om van die betaalstaat verwyder te word, of in sommige gevalle, moontlik strafregtelik aangekla te word. Die Streekhof op Beaufort-wes in die Wes-Kaap het 'n man tot twaalf jaar gevangenestraf gevonnis vir dwelmhandel. Die woordvoerder van die Valke, Siyabulela Vukubi, sê Chad Berry is in Oktober 2022 in hegtenis geneem by 'n voertuigkontrolepunt op die N1. Vukubi sê vyftig sakke Mandrax-tablette met 'n waarde van twee-komma-vyf miljoen rand, is in sy besit gevind. Daar was ook elfduisend rand se kontant in sy voertuig. Vukubi sê die hof 'n bevel gemaak dat die kontant oorgeplaas word na die kriminele bate-herwinningsrekening. Kaapstad se Brand- en Reddingsdienste sê die brand op Tafelberg is grootliks in bedwang gebring maar 'n verandering in die weertoestande kan die situasie beïnvloed. Die brand brand het die naweek aan die hange van Newlands uitgebreek en het weens 'n verandering in die windrigting oornag na Tafelbergweg en Vredehoek versprei. Tafelberg se kabelkar is ook gesluit tot verdere kennisgewing weens brande in die gebied. 'n Woordvoerder van die Brand- en Reddingsdienste, Edward Bosch, brandbestryders van verskeie instansies hou is nog ontplooi waar daar opvlammings voorkom. Vier helikopters is steeds besig om die brande met waterbomme te blus. Bosch sê geen ongevalle of skade aan eiendom is aangemeld nie. President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika sal sy G20 presidentskap gebruik om beleid te verbeter wat gemik is op die benutting van kritieke minerale vir inklusiewe groei en volhoubare ontwikkeling. Hy sê lande wat toegerus is met minerale hulpbronne behoort die meeste te baat by die versnelde ontginning van minerale, wat noodsaaklik is vir die oorskakeling na skoon energie. Ramaphosa het gepraat by die G20 se sakevergaderings wat in Kaapstad aan die gang is. Amptenare van Hamas en die Israelse regering, sê daar is ooreengekom dat 600 Palestynse gevangenes en aangehoudenes, môre vrygelaat sal word. Israel het verlede Saterdag die vrylating opgeskort oor die militante groep, Hamas, se vrylatingseremonies wat as vernederend vir die gyselaars bestempel is. Intussen het Hamas bevestig dat die liggame van vier Israeliese mans, wat dood is in die aanval op 7 Oktober 2023, môre aan Israel oorhandig sal word.