26 Februarie 2025
Die Gautengse departement van Gesondheid sê hy het die salarisse van 66 werkers uit sy werksmag van 80-duisend bevries, as deel van pogings om van spookwerkers op sy bestaalstaat ontslae te raak. Dié stap is deel van die provinsie se Ziveze-veldtog, wat in Oktober verlede jaar van stapel gestuur is. Dit is daarop gemik om verkwistende uitgawes te beperk deur seker te maak dat elke individu wat 'n salaris van die departement ontvang, 'n wettige werknemer is wat aktief bydra tot gesondheidsorgdienste. Die woordvoerder, Motalatale Modiba, sê elke personeellid moes persoonlik by die Menslike Hulpbronne-afdeling aanmeld, vir 'n verifikasieproses. Hy sê diegene wat versuim om dit te doen loop die risiko om van die betaalstaat verwyder te word, of in sommige gevalle, moontlik strafregtelik aangekla te word.
Die Streekhof op Beaufort-wes in die Wes-Kaap het 'n man tot twaalf jaar gevangenestraf gevonnis vir dwelmhandel. Die woordvoerder van die Valke, Siyabulela Vukubi, sê Chad Berry is in Oktober 2022 in hegtenis geneem by 'n voertuigkontrolepunt op die N1. Vukubi sê vyftig sakke Mandrax-tablette met 'n waarde van twee-komma-vyf miljoen rand, is in sy besit gevind. Daar was ook elfduisend rand se kontant in sy voertuig. Vukubi sê die hof 'n bevel gemaak dat die kontant oorgeplaas word na die kriminele bate-herwinningsrekening.
Kaapstad se Brand- en Reddingsdienste sê die brand op Tafelberg is grootliks in bedwang gebring maar 'n verandering in die weertoestande kan die situasie beïnvloed. Die brand brand het die naweek aan die hange van Newlands uitgebreek en het weens 'n verandering in die windrigting oornag na Tafelbergweg en Vredehoek versprei. Tafelberg se kabelkar is ook gesluit tot verdere kennisgewing weens brande in die gebied. 'n Woordvoerder van die Brand- en Reddingsdienste, Edward Bosch, brandbestryders van verskeie instansies hou is nog ontplooi waar daar opvlammings voorkom. Vier helikopters is steeds besig om die brande met waterbomme te blus. Bosch sê geen ongevalle of skade aan eiendom is aangemeld nie.
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika sal sy G20 presidentskap gebruik om beleid te verbeter wat gemik is op die benutting van kritieke minerale vir inklusiewe groei en volhoubare ontwikkeling. Hy sê lande wat toegerus is met minerale hulpbronne behoort die meeste te baat by die versnelde ontginning van minerale, wat noodsaaklik is vir die oorskakeling na skoon energie. Ramaphosa het gepraat by die G20 se sakevergaderings wat in Kaapstad aan die gang is.
Amptenare van Hamas en die Israelse regering, sê daar is ooreengekom dat 600 Palestynse gevangenes en aangehoudenes, môre vrygelaat sal word. Israel het verlede Saterdag die vrylating opgeskort oor die militante groep, Hamas, se vrylatingseremonies wat as vernederend vir die gyselaars bestempel is. Intussen het Hamas bevestig dat die liggame van vier Israeliese mans, wat dood is in die aanval op 7 Oktober 2023, môre aan Israel oorhandig sal word.