AANBIEDERS

Willie Koorts
Ná sy aftrede in Februarie 2023, is Willie besiger as toe hy nog gewerk het! Hy gee gereeld praatjies, aanbiedings, demonstrasies en teleskoopkykgeleenthede vir die publiek, skoolgroepe, kerke en kultuurgroepe. Hy skryf ook ’n sterrekunde-kolom vir ’n reistydskrif. Willie is sedert April 2024 die ankeraanbieder van Sterre en Planete ná jare as gas van Hennie Maas se gewilde program. Hy vind dat dit reuseskoene is om te vul, maar ’n groot eer en uitdaging. Hy hou homself besig met heelparty stokperdjies, sodat daar nie tyd is om verveeld te raak nie. Dit sluit in fotografie en sterrekunde. Willie is ook ’n ATM, maar jy kan ongelukkig nie by hom geld trek nie – ATM is ’n afkorting vir Amateur Telescope Maker. Willie hou ook sy lyf YouTuber, en maak ’n verskeidenheid video’s wat strek van sterrekunde tot hoe om ’n voertuig te herstel.