AANBIEDERS

Reggie Philander
Reggie Philander is gebore en getoë in Eldorado Park, Johannesburg. Sy eerste liefde is musiek, en hy leef tans sy passie uit as proffesionele radio-omroeper. Hy het radioproduksie studeer, en 'n diploma verwerf aan die African Media University. Reggie se radioloopbaan het in 1999 afgeskop by Can-I FM as omroeper, gevolg deur een van Primedia se radiostasies, Commuter FM. Hierdie stasie het uit sterk politiese en algemene inhoud bestaan, en was die platform vir sy kundigheid as suksesvolle omroeper. Kort daarna het ‘n paar ander radiostasies gevolg soos Edgars Rradio, HYFM (Hyperama) DunnsFM, MPowerFM (No Rise FM) asook Koffifi FM, waarvan dr. Don Matera deel was. In 2001 het hy by Jacaranda 94.2 aangesluit, gevolg deur KayaFM en tans Radio 2000. Hy is ook seremoniemeester by korporatiewe funksies en doen stemwerk vir vele oorgeklankte TV-produksies. Reggie glo daarin dat jy mens is deur ander mense en dat ‘n glimlag ‘n kosbare ingebore eienskap is. Sy droom is om alles wat hy in die bedryf geleer het, oor te handig aan toekomstige radio-aanbieders. Sy leuse: Do not compete, complete.