Skip to content

Lise Roberts

AANBIEDERS​

Lise Roberts

“Gesels met boere vir nuwe moed en krag, want hulle het altyd hoop,” sê Lise Roberts. Sy het ‘n positiewe uitkyk op die lewe, en 'n passie vir Suid-Afrika se landbou en die mense daarin. Sy is sedert 2010 die aanbieder van RSG Landbou. Lise dink nie werklik daaraan as ‘n werk nie, maar eerder as ‘n voorreg. Alhoewel sy ook by televisie betrokke is, is radiowerk haar kos. Dít, en om kwaliteittyd saam met haar gesin en die Here deur te bring. ‘n Gesonde leefstyl is deel van haar DNS, en dis ook waaraan sy haar vrye tyd bestee. Diegene wat haar ‘n bietjie beter ken, sal dit beaam dat Lise ‘n absolute koffiesnob is - varsgemaalde bone met ‘n klein bietjie melk. Boonop sal sy ook vir ‘n mens sê dat koffie volgens die jongste navorsing, nie net ‘n anti-oksidant is nie, maar dat dit ook vesel bevat en ‘n uitstekende doepa vir die lewer is.

Deel nou