Skip to content

Johan Pretorius

AANBIEDERS​

Johan Pretorius

Johan is ‘n boorling van Brits in Noordwes. Sy liefde vir sport is al van vroeg af sigbaar, en op skool presteer hy in ‘n verskeidenheid sportsoorte. Hy behaal in 2008 ‘n graad in Sportwetenskap aan die Universiteit van Pretoria. Johan is sedert 2013 ‘n voltydse verkoopskonsultant vir mediese toerusting in Pretoria. Hy begin in 2017 met sy uitsaailoopbaan as vryskut-rugbykommentator vir verskeie TV-produksies by skole en klubs. Hy is sedert 2018 by radio betrokke, en is tans ook een van Supersport Schools se Afrikaanse kommentators. Hy het in April 2023 by RSG se Op en Wakker-sportspan aangesluit, en is ook ‘n rugbykommentator by RSG. Hy het sy buiging tydens die 2023 Rugbywêreldbekertoernooi gemaak toe hy die Springbokke se openingswedstryd teen Skotland uitgesaai het. Regstreekse rugby-uitsaai is sy passie, en hy wil graag ‘n verskil maak as ‘n Afrikaanse rugbykommentator. Hy is ‘n familiemens, trotse man, en pa van ‘n dogterjie en ‘n seuntjie saam met wie hy graag sy vrye tyd deurbring. Hy is ook mal oor die Bosveld, en braai saam met sy gesin of vriende. Hy woon tans in die ooste van Pretoria. Hy geniet graag ‘n cappuchino met een-en-‘n-half suiker in die oggend voor werk.

Deel nou