Jacques het grootgeword op Klipplaat in die Oos Kaap. Dit is hier waar hy sy liefde vir stoomtreine ontwikkel het. Hy het gematrikuleer aan die Hoërskool Jansenville. Wanneer Jacques agter die mikrofoon inskuif, leef hy twee dinge gelyktydig uit. Sy passie vir radio en musiek, en sy liefde vir sy taal. Jacques leef ook sy liefde vir musiek uit deur op te tree as seremoniemeester en platejoggie vir troues, korporatiewe funksies en danse. Hy tree ook gereeld op as seremoniemeester by Suid-Afrika se grootste feeste, en is die ambassadeur van die jaarlikse Kirkwood Wildsfees. Sy slagspreuk, Vlieg Hoog Koningskind, is wat hom positief hou in die lewe!