AANBIEDERS

Derrich Gardner
Die radiogogga het Derrich op universiteit gebyt. Hy begin sy loopbaan in die vermaaklikheidsbedryf by Radio Highveld in 1987. Toe die stasie in 1997 (Highveld Stereo) verkoop is, verskuif hy na Jacaranda 94.2fm waar hy die Saterdagoggendprogram aangebied het. Later was hy die man agter die mikrofoon tussen drie en sewe saans, toe ontbyt, en nou is hy die man saam met wie Suid-Afrika wakker word op 'n Saterdagoggend. Sy gemak agter die mikrofoon het aan hom die geleentheid gebied om ook sy plek vol te staan in die televisiebedryf. Hy was reeds die aanbieder van verskeie programme. Daar is geen keer aan Derrich se talente nie. Hy het reeds ‘n groot aantal stemopnames vir Topsport, SABC promosies, SABC 2 se promos, Kwêla se programskedule, asook Radio en TV advertensies gedoen. Sy besonderse stem en aanslag en tweetaligheid (beide Afrikaans en Engels) verseker ook dat sy stem op verskeie groot maatskappye die antwoorddienste gebruik word. Die korporatiewe mark is vir hom geen nuwe ervaring nie, en blyk uit die talle optredes by produkvrystellings, motiveringskongresse en jaareindfunksies vir ‘n verskeidenheid van maatskappye wat wissel van bankgroepe tot skoonheidsprodukte tot van die groot casinos. Hy doen die naam Derrich Gardner gestand, en is in wye kringe bekend as ‘n ywerige tuinier. Soveel so dat ‘n roos na hom vernoem is. Sy ondervinding van die afgelope meer as 20 jaar in die vermaaklikheidswêreld is ook nie te versmaai nie, en is hy rolmodel vir menige aspirant radio- en tv-aanbieders.