AANBIEDERS

Veronique van Heyningen
Veronique lees weeksdae nuus in die program, Intussen met Eloise, en ook Saterdagoggende in Brêkfis met Derrich. In 2019 neem sy die leisels oor van Musiek Sonder Grense, RSG se wêreldmusiekprogram, en in 2022 word sy die aanbieder en regisseur van RSG se regsprogram, Regsake. Sy werk ook op ‘n Saterdag as redakteur van die aktualiteitsprogram, Naweekaktueel. Verder is sy by RSG betrokke as koördineerder tussen die radioverkoopsafdeling en op-lug-aktiwiteite. Sy het in 2005 by die SAUK aangesluit, en is in 2013 as vryskutregisseur van die program, Loslip met Ian Wessels, aangestel. Twee jaar later was sy die regisseur van Middag op RSG saam met Ettienne Ludick en Sue Pyler. In 2019 word sy die regisseur van Alhoebekker met Amore Bekker. Sy was ook tot onlangs die regisseur van Intussen met Eloise, en behartig ook kontinuïteitskofte.