Pieter is ‘n veteraan TV- en radio-aanbieder en sportkommentator. Die uitsaaigogga het hom meer as 40 jaar gelede gebyt, en hy is steeds vuur en vlam bedrywig as uitsaaier. Hy het verskeie Olimpiese Speles bygewoon, en sy veelsydigheid as kommentator is duidelik in die meer as 25 sportsoorte waaroor hy al kommentaar en verslae gedoen het. Hy is RSG se sportkoördineerder, en saam met RSG se sportspan van 15 lede, hou hulle luisteraars op hoogte van gebeure op en van die sportveld af. Pieter speel gereeld ‘n ronde gholf, en is ‘n buitelugmens wat van bootry, braai en kuier saam met vriende hou. Hy reis ook graag. “Fokus op die positiewe en wees dankbaar vir wie en wat jy is en vir wat jy het,” is sy leuse.