AANBIEDERS

Tharien Oosthuizen
Tharien verwerf haar BMus-graad by die NWU, en begin as musiekopsteller by die destydse Afrikaanse radiodiens werk. Sy verhuis na Kaapstad, waar sy by die musiekdepartement van die UK gewerk het. Daarna het sy musiek by verskeie skole onderrig voordat sy by ‘n produksiehuis in Johannesburg aangesluit het. Sy sluit weer by RSG aan as ateljeebestuurder, en het later die musiekopsteller van RSG geword. Aan die einde van 2018 het sy haar permanente werk by die SAUK bedank en ‘n pos aanvaar by Hoërskool Florida as Departementshoof van Musiek. Hier is sy verantwoordelik vir die musiek, dramatiese kunste, skeppende kunste en visuele kunste. Sy is ook die kultuurhoof van die skool. Tharien se groot passie is musiek. Sy speel viool in haar eie orkes en die Apple Green-orkes. Sy is getroud met Marius, en hulle het twee dogters.