Skip to content

Christelle Webb-Joubert

AANBIEDERS​

Christelle Webb-Joubert

Christelle loop die RSG-pad al lank – sedert 2003. Eers as akteur, en toe as omroeper, aanbieder, vervaardiger, skrywer en regisseur. Sy is tans verantwoordelik vir RSG Kuns en Skuif Nader. Sy erken dat sy beter hoor as sien, en daarom besef sy die waarde van klank en die belangrike rol wat radio speel. Volgens haar is daar min dinge eerliker as ‘n mens se stem, en weerspieël dit jou menswees en persoonlikheid. Christelle is getroud met die liefde van haar lewe, Henry Joubert, en hulle het ‘n seun, Lukas. As gesin (en op aandrang van Lukas) hou hulle daarvan om te gaan stap, en hou veral daarvan om nuwe mense te ontmoet. As Christelle wel die kans kry om stil te sit, is daar vir haar niks lekkerder as om in te kleur nie. Sy leef een dag op ‘n slag!

Deel nou