Skip to content

Elsje van Jaarsveld

AANBIEDERS​

Elsje van Jaarsveld

Elsje gesels graag! Sy sê spottenderwys dat sy per woord betaal word. Daarom pas radio haar soos ‘n handskoen omdat sy met die hele wêreld oor hulle belangstellings en doen en late kan gesels. Sy het ‘n intense belangstelling in die wêreld om haar. Sy is selfs nuuskieriger as haar beagle-hond. Enige nuus is alte interessant. Selfs hittegolwe en kouefronte. Daarvan vertel sy vir jou tydens die Afrikaanse televisienuus op SABC3 waar sy ‘n weeraanbieder is. Tans is sy ‘n kontinuïteitsaanbieder by RSG en bied dikwels Saterdagresep aan waar sy met bekendes oor hulle loopbaan en gunsteling resepte gesels. Media, kommunikasie en joernalistiek is deel van haar wese en kwalifikasies. Wanneer sy nie in die ateljee is nie, ondersteun sy maatskappye met korporatiewe bemarkings- en kommunikasiestrategieë. Maar dis nie al nie! Sy is ‘n gekwalifiseerde haarkapper. Menige bruide het al voor die kansel gestaan met ‘n kapsel wat Elsje ontwerp het. Avontuur, buitelewe, liefdadigheid en mooimaak. Dis Elsje.

Deel nou