Ignatius is regisseur van driesestig. Op lug hoor jy sy tong-in-die-kies blik op vreemde stories, maar agter die skerms is hy verantwoordelik vir die inhoud wat Martelize Brink vir jou bring. Koffie in die hand soek hy stories en geskikte sprekers oor die idees wat die span uitbroei. Dit maak hom opgewonde om Suid-Afrikaners se stories en kennis te ontdek, en aan hulle die geleentheid te gee om met luisteraars te deel wat hulle doen. Weg van die ateljee ry hy skoolkar vir sy twee dogtertjies, en maak kos vir hulle en sy mediese spesialis vrou. Om daardie pot aan die kook te hou, is hy ook die advertensiebestuurder vir ‘n bedryfstydskrif, SA Fruit Journal. Sy radio is permanent aan. Hy het nie 'n TV nie. Elke kans wat hy kry, bring hy in die tuin deur en vertroetel veral sy boslelies.