Skip to content

Suzanne Paxton

AANBIEDERS​

Suzanne Paxton

Suzanne, die aanbieder van Spektrum en Kommentaar, is bykans 20 jaar in die uitsaaibedryf. Haar nuuspassies is omgewingsake, politiek en die ekonomie. Sy het reeds twee keer die Kudu Omgewingsjoernalis van die Jaar-toekenning gekry, asook die SAB Omgewingsjoernalis van die Jaar-toekenning, twee ATKV-Veertjies, en sy is aangewys as die Nationale Persklub/NWU se radiojoernalis vir ondersoekkende joernalistiek en nuus-aktualiteit in 2023. Haar passie vir die omgewing het haar al na wonderlike plekke geneem in Suid-Afrika, en in vreemde situasies geplaas soos om met ‘n swart mamba op haar skoot uit te saai. Suzanne is versot op skubaduik, en kan eintlik nie regtig leef daarsonder nie. Haar twee brakkies is haar mooiste en enigste kinders, en sy kan nooit nee sê vir ‘n behoorlike “chicken wing” nie.

Deel nou