Skip to content

Gustav Greyling

AANBIEDERS​

Gustav Greyling

Gustav kan weeksoggende van 7 tot 9 gehoor word op RSG se ontbytprogram, Op en Wakker. Hy is van nature nuuskierig oor allerlei nuwighede en het ‘n belangstellingsveld sonder grense. Daarom sal hy dadelik sy tasse pak om te reis as hy nie elke oggend op die radio moes wees nie. Gustav se byna drie dekades ervaring as omroeper en mediapraktisyn strek van kleindorpse gemeenskapsradio tot multimiljoenrandse kommersiële uitsaaiers. Hy is ‘n gebore joernalis wat instinktief die koring van die kaf wil skei, en is bekend as TV-nuusaanbieder, voorheen op kykNET, maar deesdae op SAUK Nuus. Gustav studeer nagraads by Wits se Sentrum vir Joernalistiek, en ondersoek die waarde wat die openbare uitsaaiwese tot mense se lewe toevoeg, benewens geselskap en vermaak. Hy voel tuis in ‘n omgewing waar hy die publiek kan dien, en omhels die rol wat RSG en die SAUK in Suid-Afrikaners se lewe kan speel.

Deel nou