Skip to content

Marí Hudson

AANBIEDERS​

Marí Hudson

Mari is 'n ervare mediese joernalis. Die dekodering van mediese inligting is haar beroep en passie. Sy het op Kirkwood in die Oos-Kaap grootgeword. "Ek het n Bsc Honn in Mediese Wetenskap aan US verwerf, en my hoofrigting was genetika, met biochemie, fisiologie en farmakologie as agtergrond, wat my deur die jare gehelp het om mediese inligting te verstaan en te dekodeer. Ek was voorheen mediese verslaggewer van Die Burger, deeltydse lektor in wetenskapjoernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch, en stigtersredakteur van www.health24.com. Ek was ook betrokke by die konseptualisering en ontstaan van die gesondheidstydskrif Huisgenoot Pols en You Pulse, en stigtersredakteur van 'n tydskrif vir dokters, What's New Doc? Ek het sowat 20 Suid-Afrikaanse en internasionale toekennings ontvang vir uitnemendheid in joernalistiek. Ek werk tans saam met dokters, is ‘n direkteur van The Good Doctors, en redakteur van die organisasie se publikasies. The Good Doctors is 'n organisasie wat hom beywer om mediese inligting vir dokters en vir die lekepubliek te dekodeer. Dit is ‘n organisasie deur dokters vir dokters, en ook vir die lekepubliek. Ons hanteer www.thegooddoctors.co.za vir dokters asook gedrukte publikasies vir dokters, en verskeie publikasies vir mediese fondse en hospitale om aan verpleegklundiges, siekefondslede en pasinte korrekte mediese inligting te verskaf." Sy het 'n sagte plekkie vir oumense, hou van Schubert, Verdi, bel canto opera, Beethoven en Mozart en veral Franse operamusiek.

Deel nou