Magdaleen is RSG se voormalige stasiebestuurder. Haar radiopad het begin as nuusverslaggewer by die SAUK, toe regisseur by Monitor & Spektrum en toe redakteur by Monitor & Spektrum. Tot hiertoe was die werk nuusgedrewe. Sy raak toe kriewelrig en lus om bietjie wyer as nuus te werk. Dis toe dat ek sy na die programme-afdeling van RSG beweeg, waar sy sport, musiek, godsdiens, nuus, taal, boeke, nuuslees, dokumentêre programme en op-lug-aanbieding gedoen het. Daar is vir haar niks wat by radiowerk kom nie, daarom dat sy steeds ‘n program aanbied, al is sy deesdae ‘n pensionaris. Wanneer sy nie werk nie, hou sy van enige skoonmaaktaak, en sy en haar stofsuier is onafskeidbaar. Eens op ‘n tyd het sy ‘n baie mooi tuin gehad, want sy is lief vir tuinmaak. Sy werk daaraan om eendag weer daai mooi tuin te hê.