Skip to content

Jaco de Waal

AANBIEDERS​

Jaco de Waal

Jaco is in Springs aan die Oos-Rand gebore. Hy het van jongs af 'n passie vir drama gehad, en het sy talente gewys by die World Championships of Performing Arts in Los Angeles, waar hy nie minder nie as drie goue medaljes verower het. Ná skool het Jaco die geleentheid gekry om 'n omroeper te wees by 'n plaaslike radiostasie in Springs. Hy het sy passie vir stemwerk en seremoniemeesterskap ontwikkel, en hoogtepunte beleef soos om die seremoniemeester te wees by die laaste vertoning van BZN in Suid-Afrika. Jaco het sy kundigheid gewys by verskeie gemeenskap- en kommersiële radiostasies voordat hy sy pad na RSG gevind het. Hierdie is 'n droom wat bewaarheid is, aangesien hy sy hele lewe lank na RSG geluister het, en nou 'n aktiewe lid van die span is.

Deel nou