Skip to content

Jody Hendricks

AANBIEDERS​

Jody Hendricks

Jody het in Januarie 2013 as ‘n aanbieder en verslaggewer by RSG Sport aangesluit. Die radiogogga het hom as ‘n tiener gebyt toe hy vir Mark Gilman op die radio gehoor en gedink het: "Dit is so cool. Ek wil dit eendag doen!" Hy het joernalistiek by CPUT studeer, en om te skryf is sy liefde, maar radio is sy passie. Sy radioloopbaan het in 2004 by MFM in Stellenbosch begin waar Martelize Brink destyds die programbestuurder was. Hy het al onderhoude gedoen met die Black Eyed Peas, Mike and the Mechanics, Katherine Jenkins en Will Smith. In 2010 is hy deur FIFA en die plaaslike organiseringskomitee gevra om hulle korrespondent in Kaapstad te wees vir die 2010 Wêreldbekertoernooi. Daar het hy onderhoude met van die groot name in wêreldsokker gedoen, soos Christiano Ronaldo, Maradonna, John Terry, David Beckham en Lucas Radebe.

Deel nou