Skip to content

Johan van Lill

AANBIEDERS​

Johan van Lill

Johan het verskeie opvoedkundige kwalifikasies, en is een van die min mans in Suid-Afrika met grondslagfase onderwyskwalifikasies. Hy is ’n ervare skrywer van etlike opvoedkundige reekse en ontwikkelaar van kurrikulummateriaal vir laer- en hoërskole. Hy skryf gereeld vir tydskrifte en koerante oor die ontwikkeling van wiskunde en leesvaardighede by kinders, en is ook die amptelike opvoedkundige konsultant vir HIP2B², wat vaardighede in wiskunde, wetenskap, tegnologie en entrepreneurskap onder Suid-Afrikaanse kinders ontwikkel. Johan spesialiseer daarin om ouers en onderwysers op te lei om hulle kinders optimaal voor te berei vir skool en formele leer. Hy is 'n ervare motiveringspreker, radio-aanbieder, uitgewer en ontwikkelaar van inhoud. Johan het gespesialiseerde kennis van geletterdheid, elektroniese leer, mediageletterdheid en tegnologie. Hy is 'n bekende skrywer en gewilde spreker.

Deel nou