Eloise het in 2018 by die Wes-Kaapse Departement van Landbou aangesluit as die nuwe stem van Radio Elsenburg. Voor dit was sy ses jaar lank deel van die span by Smile 90.4FM in Kaapstad, nadat sy vir 14 jaar diens gedoen het by OFM. Eloise is passievol oor alle vorme van uitsaai, en hou daarvan om goeie nuus uit die landbousektor met luisteraars te deel. Sy is lief vir reis en diere, en glo vas dat radio as medium die mag het om ‘n positiewe verskil aan mense se lewe te maak, en ‘n waardevolle bydrae kan lewer.