
Johan Myburg gesels oor die langlys van die Dublin-letterkundeprys, en stel ons voor aan die wenner van die T.S. Eliotprys vir poësie, Jason Allen-Paisant. Johan vertel meer oor die teistering deur die Russiese regering wat die Russiese misdaadfiksieskrywer, Boris Akunin, moet verduur.
Jy kan ook meer uitvind oor Niki Daly, geliefde Suid-Afrikaanse kinderboekskrywer en -illustreerder, wat onlangs oorlede is.