RSG NOU


Tumelo se onvergeetlike matriek-afskeid
2024-11-03

Tumelo Diale se matriekafskeid het op 4 Oktober plaasgevind en saam met Elizabeth Galloway Academy of Fashion, het RSG seker gemaak dat hy die pak van sy drome kon aantrek.
RSG se luisteraars, personeel en sakeondernemings het bygedra om hierdie dag vir hom ekstra spesiaal te maak.
Dit verg inderdaad 'n gemeenskap om drome waar te maak. Ons bedank graag die volgende borge en vennote:
Tumelo is in Makhulong kinderhuis in Pretoria
''Tumelo werk akademies baie hard en het goeie punte, hy is ook gekies as leier by Edendale Hoërskool. Hy styg absoluut uit bo sy omstandighede. Hy wil eendag graag "Forensic Accounting" gaan studeer, sê sy huisma, Khelina Nkosi.
Tumelo is genomineer deur Wilna Rocher, deel van Doxa Deo Kameeldrift wat elke 2 weke uitreik na die kinderhuis.
- Fiona Abdo en haar span van Elizabeth Galloway Academy of Fashion Design vir Tumelo se pragtige en unieke pak!
- Studio 47 House of Fashion Fabrics in Somerset-Wes in die Wes-Kaap het die lap geskenk vir die pak.
- Tumelo kon by Bushman's Rock Country Lodge aantrek en reg maak vir die groot dag.
- Vorster en Steyn prokureurs vir hul finansiële bydrae, sowel as elke luisteraar wat bygedra het
- Purple Carrot Jewellery vir die mansjetknope en dasspeld.
- Die anonieme skenker vir die sportmotor.
- Marlene Birkholtz het die dag op kamera vasgevat.
- Legends Barbershop het gesorg vir Tumelo se legendariese haarsnit.










Thembi Jane Buys se matriekafskeid is op 6 Desember. Ons laat weet jou binnekort hoe jy betrokke kan raak.
Lees meer oor die projek