RSG NOU


SONA 2024: wat jy moet weet
2024-02-01
Die mees onlangse openingsrede was sowat ‘n uur en veertig minute lank waarin President Cyril Ramaphosa meestal verwys het na die suksesse wat behaal is en die verdere sukssesse wat verwag kan word onder sy regering. Hier is sy staatsrede in ‘n neutedop:
- NGV gaan ingestel word: Ramaphosa het belowe Nasionale Gesondhiedsversekeirng (NGV) gaan geleidelik in werking gestel word. NGV sal gratis gesondheidsorg vir alle Suid-Afrikaners verskaf.
- Noodtoelae gaan verleng word: Die noodtoelae, wat tydens die covid-19-pandemie ingestel is, gaan verleng word as die volgende stap na inkomstesteun vir werkloosheid. Die toelae is tans R350 per maand en nege miljoen mense ontvang dit.
- Einde van beurtkrag is binne bereik want die werk van die nasionale-energiekris-komitee is besig om vrugte te dra.
- ‘n Reaksiefonds vir klimaatsverandering is gestig om die gevolge van aardverhitting te hanteer.
- Die stryd teen staatskaping duur Voort. Meer as 200 mense word al vervolg en nog baie ander word ondersoek. Bates ter waarde van R14 miljard is bevries wat met staatskaping verband hou
- Pogings duur voort om die logistiekkrisis by hawens en die spoornetwerk op te los.
- Hervorming van visumstelsel om die agterstand met die toestaan van visums van buitelanders wat in Suid-Afrika wil kom werk te verlig.
- Stryd teen misdaad bly ‘n prioritetit