RSG NOU


RSG sit die sprankel in Saterdae
2025-03-31

SaterdagSprankel sal elke Saterdag van 10:00 tot 13:00 op lug wees en reisinsetsels, landbounuus, die gewilde Saterdagresep nou Sterre in die Kombuis, nuus oor snuffelmarkte, fiksheid, pretaktwiteite vir die hele gesin en ‘n verskeidenheid vermaak bevat.
Sue was voorheen mede-aanbieder van Op en Wakker op RSG en is steeds die samesteller en aanbieder van Kapityt, elke Saterdagaand net na die 21:00-nuus. Sy is in 2017 deur die Afrikaanse Taalraad met ‘n Kokertoekenning vereer. Daarby is sy ‘n veelsydige aktrise wat selfs in gewilde RSG radiovervolgverhale soos Die spoke van Duinebult gehoor is.
“Ek sien uit daarna om te leer hoe om meer kreatief te wees by die huis, interessante plekke te besoek soos proefeeste en staproetes asook hoe om beter om te sien na my algemene welstand,” sê Sue. “Luisteraars sal beslis by al die gesprekke baat vind en dit dan in hul eie lewens kan toepas. Ons verf, eet en ploeg saam tussen 10 en 1, elke Saterdag op RSG.”


RSG Sport is dan vanaf 17:00 tot 19:00 en die res van die Saterdagaandprogram is onveranderd.
Vrydae en Donderdae
Reggie Philander gaan voortaan Vrydagaande langer saam met luisteraars kuier. Skud dit word verleng tot en met middernag en sal dus vanaf 21:20 tot en met 00:00 op lug wees.Tegnologie met Blaine, wat elke Dinsdag- en Donderdagoggend in Op en Wakker as ’n insetsel uitgesaai is, word nou ’n volwaardige program. Blaine Jones is steeds die aanbieder en dit sal elke Donderdagaand net na Islam in Fokus volg. Skakel dus om 22:20 in of luister op potgooi.Die Sondagskedule asook die res van die week se programme bly onveranderd.
Nog ‘n nuwe stem


Vir meer inligting besoek RSG se webblad by rsg.co.za.