RSG NOU


Reeks: Die jongste oor diabetes, oorgewig, lewervervetting en Ozempic
2024-11-20
Deel 1 Gesondheid 9 Oktober 2024
Ons vind uit wat jy self kan doen om te keer dat jy blind word weens diabetes. En in deel een van ‘n reeks oor die jongste nuus oor diabetesbehandeling, stel ons vas hoe diabetes en oorgewig verskeie ander siekteprobleme kan sneller. Deel 2 Gesondheid 16 Oktober 2024 In deel 2 van ons reeks oor die jongste oor diabetes-behandeling, fokus ons op oorgewig as die sneller van diabetes en ander siekteprobleme. Deel 3 Gesondheid 6 November 2024
Hoekom is oorgewig so gevaarlik? Hoekom sukkel mens om gewig te verloor? Hoekom moet swartmark Ozempic vermy word? Hoekom moet hierdie soort middels lewenslank geneem word? Hierdie vrae word beantwoord in die derde episode van ons reeks oor die jongste sienings oor die behandeling van diabetes.
Deel 4 Gesondheid 13 November 2024
Een uit drie mense het vetterige lewersiekte, al weet hulle dit nie. Dié siekte vuur hartsiektes en diabetes aan, en móét behandel word as jy nie jare van jou lewe wil inboet nie. Die doeltreffendste behandeling is om 15 kg gewig te verloor as jy oorgewig is. Mari Hudson praat ‘n internis in die vierde en laaste episode in die reeks oor diabetes.