Hoe gemaak as jy en jou kleuter koppe stamp? Hoe hanteer ons konflik met ons voorskoolse kinders? Yolandi van den Heever, ‘n kleinkinder-onderrigspesialis en kleuterskool-onderwyser het raad.
Beweging help só met jong kinders se ontwikkeling
Vroeëkinderontwikkeling-spesialis en opvoeder, Sophie Breytenbach, praat oor beweging met betrekking tot voorskoolse kinders se algehele ontwikkeling.
Landbou: Wat weet jy van die nastergalbessie?
Louwtjie du Toit van Bloukopboerdery in die Morgenzon-omgewing gesels oor die geskiedenis van die nastergalbessie, -produksie en gebruike.
Nico Slinger van Clanwilliam is aangewys as 2024 se Rooibosprodusent van die Jaar. Ons luister weer na die gesprek wat ons met hom gehad het.
Ons gesels met Hettie Marais van die Cradock-omgewing oor haar volstruisboerdery.
Planeet Aarde is meer uniek as wat ons gedink het
Jim Adams, die voormalige adjunktegniesedirekteur by NASA se hoofkantoor, praat oor nuwe inligting wat daarop dui dat die Aarde baie meer uniek is as wat oorspronklik gedink is. In Ruimteraai vra ons hoe ruimtevaarders hulleself weeg in die ruimte.
Lucelle se Droombos teen trauma
As gevolg van geweldige trauma het Lucelle van Wyk ontvlugting gevind in haar tuin. Sy het haar tuin in verskillende kamers verdeel soos sy deur haar trauma gewerk het. Haar tuin is haar skilderdoek. Sy gesels oor haar Droombos in Stellenbosch.
Willie Botha se klassieke konsertina
Willie Botha is bekend daarvoor dat hy klassieke musiek op ‘n konsertina speel. Christelle Webb-Joubert leer ken hom van nader.
Bou só gesonde gesinsverhoudings
Opvoedkundige sielkundige Marike Badenhorst praat oor gesinne en hoe om gesonde gesinsverhoudings te bou.
Hoe ruik diere water? Hoekom boelie diere mekaar?
Hoe ruik diere water?
Wat versteur ‘n vlermuis se sensoriese reseptors?
Hoekom boelie diere mekaar?
Uitheemse indringer verdring weiveld in Noordwes en Noord-Kaap

Die Latin globemallow, ‘n plant afkomstig vanaf Suid-Amerika, is vroeër vanjaar as ‘n nuwe indringerplant geïndentifiseer. Weiveld in Noordwes en die Noord-Kaap is die slagoffer van dié uitheemse indringer. Onkruidwetenskaplike prof. Charlie Reinhardt het al die inligting.
Ons luister weer na ‘n gesprek met Dwayne Kaschula van Maclear in die Oos-Kaap, wat vanjaar aangewys is as die Toyota SA/Agri SA Jongboer van die Jaar.
Beïnvloed sonuitbarstings weerpatrone?
Dr. Stefan Lotz van SANSA en prof. Matie Hoffman beantwoord uiteenlopende luisteraarsvrae, wat strek van hoe wetenskaplikes die waarheid ontdek, tot aardverwarming, en of sonuitbarstings ons weerpatrone veroorsaak. ’n Filmmaker beweer hy het nuwe inligting oor ’n radiosein wat vyf jaar gelede ontvang is, afkomstig van moontlike buiteruimtelike lewe.