Kan die NVG gered word?

Na die beweerde Eskom-staatskaper, Matshela Koko, se verhoor voorlopig uit die handelshof gegooi is, loop die Nasionale Vervolgingsgesag erg onder kritiek deur. Dit is die tweede hoëprofiel- Staatskapingsaak wat deur die hof uitgegooi is. In ‘n meningsartikel in die Sunday Times die afgelope Sondag, word kommer uitgespreek oor die vermoë van die NVG om toekomstige groot staatskapingsverhore, soos Transnet en ander Eskom-sake, suksesvol deur te voer.

Ons gesels hieroor met die strafregkenner van die Universiteit van Pretoria, dr. Llewelyn Curlewis.

Privaat-veediefstal-ondersoekers behaal binne 4 maande sukses

Vrystaat Landbou en LGV se PSIRA geregistreerde privaat-veediefstal-ondersoekers het in die eerste 4 maande van hul bestaan reeds ‘n paar suksesse behaal. Dr Jane Buys van Vrystaat Landbou kuier in die ateljee om ons meer hiervan te vertel.

Dan hoor ons ook by Izak Hofmeyr wat elders in die wêreld in landbou gebeur met ons maandelikse fokus op internasionale landbounuus.

Luister weer na ‘Geldjie Asseblief’

Op 30 November word GELDJIE ASSEBLIEF uitgesaai. Dit is ‘n verhoogteks wat in 2018 as die wenner van die NWU Kampustoneel bekroon is en het deurgedring na die Pronk Podium finaal.

Die hartroerende storie plaas die kollig op ‘n groepie mans wat op straat leef. Die skrywers is Casper Lourens en Henry Jacobs. Luisteraars sal Casper onthou as een van die akteurs wat destyds in Ratels gespeel het.

Die spelers is Leon van Nierop, Kaz McFadden, Johny Klein, Casper Lourens, Henry Jacobs en Pietie Beyers.

Die regisseur is Luan Jacobs.

Tegniese versorging is deur Frikkie Wallis en Thato Maphoromo.

Die span aan die werk. Van links kloksgewys is Luan Jacobs, Leon van Nierop, Casper Lourens, Pietie Beyers, Johny Klein en Kaz McFadden.

Regisseursvisie

Luan Jacobs skryf:
“Die eerste keer toe ek die teks van Geldjie Asseblief kon vashou, het ek dadelik ’n prentjie van ’n bierbottel in my kop gekry. Somtyds gebruik regisseurs prentjies in teater om ’n visie in te kleur en die produksie se hart te laat klop. Wyle Augusto Boal het hierdie konsep verfyn in sy Forum Theatre beweging wat mens teëkom in dramateorie.

Dié prentjie het my wakker gemaak vir die idee dat die storie baie groot kan begin, met groot karakterisering soos ons ons helde ontmoet. Later het die storie begin bottelnek met ’n gemoedelike, ge-ankerde, holistiese hartklop wanneer die karakters hul belydenisse aflê en hulle MENSCH(e) word.

Ek wou ’n deurleefde wêreld skep, waar ons hierdie mense ontmoet in ’n dag in hul lewens.

Die karakters is gesement in hul wesens. Ek het met Frikkie Wallis en Thato Maphoromo in diepte gesels oor maniere om hierdie gevoel teweeg te bring. Ons het besluit om van die skerms nader aan die mikrofoon te skuif om sodoende die gevoel van beknoptheid te skep wanneer die karakters hul dag aan- en afskakel. Dit skep ’n gevoel van bekendheid waar hul kwesbaarheid kon seëvier. Ek wil die gehoor nader bring aan die mense agter die omstandighede.

Leon van Nierop

Om ’n verdere tegniese visie van hierdie deurleefdheid te vestig, moes ek en die span die vloer besaai met rommel, blikkies en kartonbokse waarop die akteurs kon beweeg. Daar is ’n toneelspeltegniek genaamd Method Acting wat die akteur kan gebruik om homself te oorreed dat hy die karakter is. Ek het die akteurs bewus gemaak van ’n element van hierdie tegniek wat ons gebruik het in byklanke. Die resultaat is letterlik dat die akteurs sonder om te fokus op byklanke, natuurlike byklanke skep net deur hul bewegings tussen dialoog en tonele in ’n semi-natuurlike omgewing.

Die geselskap van akteurs is ook van so ’n hoë gehalte dat mens jouself in die regisseurstoel vang dat jy net luister en geniet.

Leon van Nierop bring hart en siel na hierdie verhaal met sy deurnis met die karakter Dries.

Kaz McFadden

Kaz Mcfadden en Johny Klein laat jou een oomblik van jou stoel af voeter soos mens lag vir Koos en Fridge en dan slaan hulle vir jou met ’n ses met die meer emosionele tonele.

Johny Klein

Casper Lourens as Ben is een van die grootste aanwinste waarvoor mens kon vra, nie net as regisseur nie, maar ook as ’n nuwe opwindende stem in die industrie.

Casper Lourens en Henry Jacobs is die twee ongelooflike jong skrywers van Geldjie Asseblief; dus kon Lourens baie

Casper Lourens

fyn nuanses in sy spel inbring wat ek as regisseur net kon koester en in ’n rigting saam met my visie stuur.

Pietie Beyers as die dominee bring ’n verstandhouding na die karakter wat hom beide geliefd en soms intimiderend kon maak.

Pietie Beyers

Die lae van respek, liefde en verstandhouding vir die karakters wat hierdie akteurs na die ateljee gebring het, was meer as wat ek ooit voor kon vra.

Ek is nie bang om hierdie storie te vertel nie, want helaas bring hierdie verhaal genesing na die nasie toe. Geldjie Asseblief het my nader gebring aan ’n nalatenskap waarop ek trots kan wees.

Ek hoop jy geniet Geldjie Asseblief en leer dalk iets omtrent jou eie “Goue Uur”.

In die atlejee. Frikkie Wallis is heel links, met Luan Jacobs in die middel.

‘n Gesin vertel van hul reise met ooggestremdheid en nieroorplantings

Hoe gemaak as drie van jou vier kinders met Retinitis Pigmentosum, ‘n ernstige gesiggestremheid wat tonnelvisie veroorsaak, gebore word? En wat as twee van dié drie kinders nierversaking ontwikkel?

Marí Hudson gesels met die Durr-gesin van Malmesbury en vind meer uit van Retinitis Pigmentosum, nierversaking, dialise, nieroorplantings, lewende nierskenkers, boeliegedrag teenoor ‘n gesiggestremde en hoe ‘n voornemende skenker haar nie deur bipolêre gemoedversteuring laat kortwiek het om ‘n medemens te help nie.

In deel 2 gesels Marí Hudson verder met Pieter-Jans, en ook met sy skenker Saretha Fouche, en met Elna en Allison 12 dae na die nieroorplanting.

Pieter-Jans (regs) by Saretha Fouche, wat een van haar niere aan hom geskenk het.
Doktor Elna Durr, gebore met Retinitis Pigmentosum, 4 dae voor haar nieroorplanting.
Elna, 12 dae ná die nieroorplanting. Haar nier werk uitstekend. Haar velkleur was onmiddellik ná die oorplanting meer rosig.

Luister na een van Pieter-Jans se liedjies:


En skud jou reg vir ‘n bietjie punk-rock:

Luister na Deel 1

Mari Potgieter Durr

In deel 1 van die reeks van 2 episodes vertel Marí Potgieter Durr van haar gesin.

Elna Durr gesels oor die nieroorplanting waarop sy toe

nog wag. Ons leer ook van haar baie interessante doktoriale studie oor die effek van diereslagting op die gemoed en lewens van die slagters.

Haar nierskenker Allison Griffith vertel hoekom sy graag ‘n nier aan Elna wil skenk, en Pieter-Jans lig die sluier effe oor boeliegedrag teenoor ‘n gesiggestremde skoolseun.

Allison Griffith, die onbaatsugtige nierskenker, wat gesels oor nierslenking en ook oor bipolêre gemoedsversteuring.

Die onderhouede is vier dae voor die nieroorplanting gedoen.

Alison se nier is ‘n week gelede in Elna oorgeplant. Die 0orplanting was baie suksesvol en die skenkernier werk teen 103%.

Alison is reeds tuis, maar ondervind nog ongemak en pyn.

Elna is gister, presies ‘n week ná die oorplanting ontslaan, en sê haar nier werk nou so goed dat sy gereeld moet opstaan om badkamer toe te gaan; iets wat min gebeur het terwyl sy in nierversaking was en dialise moes ondergaan.

 

Lees en luister ook:

‘n Ruimtetuig aangedryf deur plasma?

‘A rapid unscheduled disassembly’. Dis wat die Amerikaners sê toe die Starship-vuurpyl onlangs ontplof het. Willie Koorts gee ‘n uiteensetting van wat gebeur het.

Die tradisionele metode om ruimtetuie aan te dryf is deur middel van vuurpyle. Matie Hoffman verduidelik hoe ‘n groep ruimte wetenskaplikes ‘n motor ontwikkel het, wat aangedryf word deur plasma.

Hoekom is dit so moeilik vir ander om my te verstaan?

Hoe gereeld voel dit vir jou dat jou lewensmaat nie hoor wat jy sê nie, jou familie luister nie na jou woorde nie, of jou werkskollegas verstaan nie altyd jou instruksies nie? Hoekom is dit so moeilik vir ander om jou te verstaan? Hoor wat die geheim is van effektiewe kommunikasie.

Al meer hommeltuie in landbou ingespan

Die gebruik van robotte in landbou is aan die toeneem. Suid-Afrikaanse tegnoloë is ook op die voorpunt van hommeltuigtegnologie. Die Assistentdirekteur: Innovasie, Tegnologie-ontwerp en Oordrag by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, Arie van Ravenswaay, het onlangs landbouers in Taiwan gaan touwys maak oor onder andere hommeltuie.

Plantpatologie-navorser dr. Gert van Coller deel nuus oor die jongste navorsingsprojekte wat deur die departement onderneem word. Hy vertel ook waarna boere aanstaande jaar kan uitsien.

Wie is Gen Z nou eintlik?

Die PEW-navorsingsentrum beskryf Generasie Z, of soos hulle meer algemeen bekend is, Gen Z (Zie), as jong mense wat tussen 1997 tot min of meer 2012 gebore is. Greta Thunberg is een van die wêreld se bekendste Gen Z’s. Talle ouer generasies soos Baby Boomers en selfs Millenials, beskou Gen Z as identiteits- en aandagsoekend en verstaan hulle nie.

In ‘n dokumentêre reeks van vyf episodes wat tans op M-Net te sien is, Habits of Gen Z, word daar gesels met verskillende generasies, waaronder talle Gen Z’s, oor waardes, indentiteit, dwelms, diversiteit, die verlede en die toekoms.

Jo Munnik is ‘n bekroonde regisseur en joernalis wat onder meer vir BBC, VICE en CNN werk gedoen het. Sy is ook die regisseur van Habits of Gen Z en sy sluit vanoggend by ons aan.