Raad vir mense wat eensaam voel, selfs al is hulle nie alleen nie

Om alleen te wees, beteken nie noodwendig jy is eensaam nie, maar om mense om jou te hê beteken ook nie jy is nie eensaam nie. Diegene wat eensaamheid ervaar moet na hierdie episode luister, waar daar advies gegee word aan diegene wat niemand het nie, en diê wat wel mense om hulle het, maar eensaam voel.

 

VSA en SA gaan saamwerk in ruimteprojek

Jim Adams van die VSA en vorige tegniese hoof van Nasa is Sondagaand die gas in Sterre en Planete. Hy gesels oor ‘n interessante samewerkingsprojek wat binnekort tussen Suid-Afrika en die VSA van stapel gestuur word.

 

Beleef ‘The Sound of Music’ gratis saam met RSG

Rodgers & Hammerstein se veelbekroonde The Sound of Music is eersdaags terug op Suid-Afrikaanse verhoë en RSG bied aan luisteraars die kans om hierdie musiekspel voor én agter die skerms te beleef.

’n RSG-luisteraar en nog drie gesinslede (of vriende) kan ’n BBP-ervaring losslaan wat die volgende insluit:

  • Ontmoet die akteurs,
  • neem ‘n foto saam met die sterre op die verhoog,
  • geniet ‘n toer agter die skerms van die immergroen The Sound of Music en
  • neem dan jou sitplek in vir die musiekspel wat families steeds wêreldwyd gaande het.

Een luisteraar ontvang dus vier kaartjies wat die aanloklike BBP-pakket insluit.

Luister na ‘n voorsmakie van wat jy kan verwag:

The Sound of Music bevat goue treffers soos My Favourite Things, Do Re Mi, Climb Ev’ry Mountain en Sixteen Going on Seventeen.

Craig Urbani
Brittany Smith

Die rolverdeling bestaan uit Craig Urbani (van The Buddy Holly Story-faam), Nadia Beukes en die bekroonde sopraan Brittany Smith wat nog onlangs in Master Class saam met Sandra Prinsloo te sien was.

Dié nuwe produksie onder spelleiding van Steven Stead skop af in Kaapstad in die Kunstekaap-teater vanaf 14 Desember en reis dan na die Teatro by Montecasino in Johannesburg vanaf 27 Januarie 2024.

Kyk na die video wat tydens repetisies gemaak is:

 

Nadia Beukes
Janelle Visagie

RSG gee 2 BBP-ervaringe weg – een vir Kaapstad en een vir Johannesburg.

Luister tussen Maandag 18 en Vrydag  22 Desember na Willem Pelser en die Spitstyd-span en maak seker jou stem is goed opgewarm!

Indien jy nie die groot BBP-pryse losslaan nie, is daar ook dubbelkaartjies te wen. Hou jou ore op RSG en jou oë op sosiale media om uit te vind hoe jy nog ‘n kans kan staan om te wen.

RSG is die trotse mediavennoot van The Sound of Music.

Lees meer by: https://www.pietertoerien.co.za/the-sound-of-music-south-africa/

Kaartjies te koop by: https://www.webtickets.co.za/v2/search.aspx?search=The+Sound+Of+Music

https://www.facebook.com/zarsg

https://www.instagram.com/rsg_100104fm/

 

 

Luister na die ‘Radio Awards’ wendrama ‘Sou die sterre luister’

Sou die Sterre luister is aangewys as beste radio drama by die jaarlikse radio toekennings.
Skrywer: Lee Doubell
Regisseur: Johan Rademan.
Toekenning ontvang deur RSG se programbestuurder, Kobus Burger.
Baie baie geluk!!

Meer oor die drama

RSG bied ‘n spesiale opdragwerk aan om 85 jaar van Afrikaans op die radio te herdenk. Die drama word ‘n spel, nie net met tyd nie, maar ook met ruimte waarin die hedendaagse RSG, kompleet met U eie keuse (die oudste radioprogram in Suid-Afrika) as springplank vir die intrige gebruik word.

Griekse mitologie, vermeng met hedendaagse, ondermaanse gegewe, soos die Karoolandskap, sy inwoners en radiopersoneel wat reis in die omgewing vir opnames (omroeper en klankman) en ’n tipiese ou en nuwe Suid-Afrika skep die verhaal. Die drama is ‘n ode aan klank. Die spelers is Anna-Mart van der Merwe, Marissa Claasen, June van Merch, Dean Balie, Johann Nel, Anrich Herbst en Willem Pelser.

Luister hier na ‘n splinternuwe opdragdrama deur die bekroonde dramaturg Lee Doubell om 20:00 uitgesaai, met Johan Rademan as die regisseur.

Die akteurs en regisseur van Sou die sterre luister deur Lee Doubell. Vlnr is Marissa Claasen (Harpo), Johan Rademan (regie), Anrich Herbst (Johan), Dean Balie (Raylin), Anna-Mart van der Merwe (Odele), June van Merch (Maria) en Johann Nel (Arrie).
Dean Balie, Johann Nel en Anrich Herbst in die Sterre produksie van RSG
June van Merch( Maria) en Johann Nel (Arrie) in die ontknoping van Sou die sterre luister deur Lee Doubell
Regisseur Johan Rademan met Marissa Claasen (agter) en June van Merch en Anna-Mart van der Merwe (voor) – vrouespan in Sou die sterre luister deur Lee Doubell
Dean Balie, Cassi Lowers (akoestiese-regisseur), Anrich Herbst en Johan Rademan bring ‘n ode aan klank in die drama-ateljee.
Dean Balie (Raylin), Johan Rademan (regie), Johann Nel (Arrie) en Anrich Herbst (Johan) in aksie in die Seepuntse drama-ateljee van RSG in Kaapstad.

 

RSG gaan Kersvader speel en geskenke weggee

Kersvader se kerskous bult behoorlik.

Kersvader gaan RSG se luisteraars reeds vroeg in Desember besoek! Vanjaar kan luisteraars – jonk en oud – ’n reeks opwindende en duur geskenke wen.

In die gees van die Barbie-lokettreffer wat vanjaar wêreldwyd opslae gemaak het, is daar ’n Barbie DreamHouse (met drie verdiepings, hysbak, flikkerende ligte en ’n swembad) wat vanaf Vrydag 1 Desember in Intussen met Eloise (weeksdae tussen 09:00 en 12:00) weggee gaan word. Hierdie geskenk is sowat R6 500 werd en kan deur ’n gelukkige seuntjie of dogtertjie gewen word. Skryf net ’n briefie aan Kersvader en stuur aan RSG.

Op die koop toe, gaan RSG se Intussen-span ook twee Barbie-poppe weggee.

Maak seker dat jy inskakel, die kinders en kleinkinders nooi om in te skryf. En sorg net dat daardie briefies Kersvader RSG betyds  bereik.

Willem Pelser en die Spitstyd-span gaan ’n Hot Wheels City Ultimate Garage (ter waarde van R3 500) weggee. Hierdie avontuurlike speelding is bykans 1 meter hoog en bestaan uit talle vlakke en sluit twee Hot Wheels-motors in. Dit is veral geskik vir seuntjies van vyf jaar of ouer, maar kan ook deur enigiemand van enige ouderdom geniet word.

Die heel boonste vlak spog met ’n draak wat lief is vir motors en hulle sommer heel insluk!

Luister na Spitstyd, weeksdae tussen 15:00 en 18:00, vanaf 1 Desember om te hoor hoe jy hierdie prys kan wen.

Die Op en Wakker-span is lief daarvoor om luisteraars se kennis te toets – van taal tot musiek. In Desember gaan hulle ’n spesiale vasvra bestaande uit vyf vrae aanbied waarna luisteraars vyf geskenkpakke met speletjies sal kan wen.

Elke geskenkpak sal uit ’n Scrabble-stel en Uno-kaarte bestaan – die ideale speletjiespret vir die hele gesin!

Die eerste vyf luisteraars wat al vyf vrae korrek beantwoord het, sal so ’n geskenkpak wen.

Luister na Op en Wakker, weeksdae tussen 07:00 en 09:00, om aan die vasvra deel te neem en staan ‘n kans om ‘n geskenkpak met speletjies te wen.

 

 

Vruggebruikklousule vir plase maak deur oop vir uitdagings

Die waarde van suiwel by beengesondheid van bejaardes kom in RSG Landbou onder bespreking. Ons gesels met Christine Leighton van Melk SA hieroor.

Indien ‘n boer sy plaas aan iemand anders as sy vrou nalaat, maar hy haar lewenslange verblyfreg op die plaas wil verseker, dan word daar gewoonlik ‘n vruggebruikklousule in die testament ingeskryf. Dit maak egter die deur oop vir ‘n hele paar uitdagings. Een daarvan is dat dit wetlik as ‘n persoonlike serwituut beskou word en serwitute moet geregistreer word.

Ons vind meer hieroor uit.