Regering onbeholpe en soms onbevoeg om ekonomie te laat groei

Vir die eerste keer in meer as 20 jaar het die pluimveereus, Astral Foods, ‘n verlies aangekondig. Beurtkrag, reuse probleme met watervoorsiening en voëlgriep, waarvoor daar nie entstowwe beskikbaar was nie, word as redes vir die verlies aangevoer. Die regering se onbeholpenheid en in sommige gevalle ombevoegdheid voorspel niks goed vir die afsienbare toekoms vir Suid-Afrikaanse besigehde nie, meen dr. Theuns Eloff, voorsitter van Astral Foods. Theuns sluit vanoggend by ons aan.

 

Regsaspekte oor nataligheid by rugbywedstryd; boere stig grondeienaarsvereniging

Igna Klynsmith bespreek hy ‘n saak wat handel oor ‘n kind wat ‘n rugbybesering opgedoen het, wat vererger is deur die nalatigheid van die noodhulppersoneel. Hy bespreek ook die vereistes vir nalatigheid.

Spesialisgas Volker Kruger praat oor ‘n groep boere wat ‘n grondeienaarsvereniging op die been wil bring. Hy verduidelik hoe so iets sal werk vanuit ‘n regsoogpunt, en of dit ‘n goeie idee sou wees om dit te doen.

Kan die opsetlike breek van rugbyreëls tot finansiële eise lei?

Igna Klynsmith bespreek onder meer ‘n onlangse saak wat handel oor ‘n getroude paartjie wat drie dogters het, geskei is en eers na die egskeiding aan die lig gekom het dat die jongste dogter nie biologies aan die man verbind is nie.

Hy bespreek ook ‘n luisteraars brief wat handel oor of opsetlike verbreking van reëls in rugby, nie kan lei tot finansiële eise nie.

 

Kersdag saam met RSG

Kersdag op RSG gaan vanjaar ‘n heilsame kuier wees met verse, stories, Kersmusiek en selfs ‘n reis na verskillende lande om te hoor hoe hulle Kersfees vier.

Luisteraars sal ook versoeke en Kerswense op lug kan deel.

Om 07:10 is daar ‘n spesiale Kersstemming, aangebied deur Tharien Oosthuizen, gevolg deur Loof die Here met Magdaleen Kruger, wat haar program aan Kersmusiek sal wy.

Die Oggenderediens volg om 09:00, en daarna Kersversoeke aan luisteraars van 90 jaar of ouer.

Vincent van Schalkwyk

Net na 10:00 is dit tyd vir Salon Musiek se spesiale Klassieke Kerskonsert. Die program bestaan uit orrel- en kitaarmusiek, die gewilde Pie Jesu, Ave Maria, O come ye faithful, Deck the Halls asook Holy, Holy, Holy.

Die sopraan Sisikelelwe Mgenela

Die kunstenaars is die orrelis Betsie Schaap, die belowende sewentienjarige kitaarspeler Vincent van Schalkwyk, die Ijadu-kamerkoor van die Tshwane Universiteit van Tegnologie, die twaalf strykers van die Brooklyn-teater en dan die sopraan Sisikelelwe Mgenela en die tenoor

Thomas Erlank

Thomas Erlank. Die konsert is onlangs voor ‘n gehoor in die SABC se M1-ouditorium in Auckland Park opgeneem. Luisteraars kan hierdie spesiale uitvoering gratis op Kersdag meemaak.

Lede van die Ijadu-kamerkoor van die Tshwane Universiteit van Tegnologie,

Om 11:30 reis wyle Roelf Jacobs in sy Kersdokumentêr uit die argief deur verskillende lande om te hoor wat elke land se Kerstradisies is. RSG se luisteraars hoor Kerswense in verskeie talle tesame met die allermooiste Kersmusiek.

Nic de Jager gaan sy plate afstof vir ‘n Kersweergawe van Nic se goed, net na 12:00.

Lizelle de Bruin en haar span gaan net na die 13:00-nuus op hul unieke manier Kersfees vier.

Estel de Beer, RSG se senior regisseur mandaat, bied Kortom vir Kersfees om 14:00 aan. Die verhaal handerl oor ‘n Suid-Afrikaanse aktrise wat terugkeer na haar wortels wanneer sy die glanswêreld van Hollywood agterlaat om Kersfees in Suid-Afrika te kom vier.

Net hierna gaan Sophia van Taak om 14:30 ‘n Vers en klank aanbied.

Die Kersdrama, Vier dae voor Kersfees, volg om 15:05. Dit is geskryf en geregisseer deur Estel de Beer met Henriëtta Gryffenberg, Anton Dekker, Charlie Bouguenon, Ria Smit en die nuweling Dihan Keun in die rolverdeling. In Suid-Afrika ken ons ‘n Somerkersfees en ontmoet in hierdie verhaal die Scheepers-gesin op hul plaas, Modderfontein. Die twee broers, Hein en Matthys, werk saam met hul pa, André, terwyl hul ma, Corli, voorberei vir die 24 familielede wat Kersdag op die plaas kom vier. Vier dae voor Kersfees roep André die broers na sy studeerkamer. Daar moet besluite geneem word wat die gang van die boerdery gaan verander. Dit ontstig Corli. En boonop is tannie Baby reeds besig om die Kersdag-spyskaart oor te neem. Sal hierdie Kerstyd wel ‘n tyd van versoening wees, of is dit dalk die laaste familiebyeenkoms op Modderfontein?

Net na die Kersdrama volg ‘n gespreksprogram om 16:05, aangebied deur Flip Loots.

Jacqui January skuif om 17:05 agter die mikrofoon in vir Dis gospel. Om 18:10 kan luisteraars hul Kerswense en -versoeke op lug deel.

Kompas, InTune met Fran-Rico Lucas, Beste van asook Laataandkuier is elk in die gewone tydgleuf.

Die Aandgedagte en aandboekvoorlesings sal ook gehoor kan word.

Die onderstaande foto’s is met die opname van die Kerskonsert geneem:

 

 

Ons spesiale Feesseisoenprogramme

Soos jy weet, stel RSG nooit teleur nie.

Gedurende die feesseisoen gaan RSG programme herhaal waarvan luisteraars deur die loop van die jaar nie genoeg kon kry nie.

Willem Pelser

Daar is baie programme om na uit te sien soos Musiek en Liriek, aangebied deur Willem Pelser, waarin groot bohaai gemaak word oor die wêreld se bekendste sangers.

Kobus Burger

Die gewilde Midas van musiek, aangebied deur RSG se programbestuurder, Kobus Burger neem ons op ‘n reis deur al die goue treffers van kunstenaars soos Sinéad O’Connor, Cliff Richard, Beach Boys, Don McLean en vele meer.

Jy kan ook uitsien na gewilde episodes van Musiek Sonder grense en Eurovisie.

Trek jou “Doc Martins” aan en maak gereed vir ‘n hele paar opwindende dokumentêre programme soos Soapvox, Waar noot en woord bymekaar kom, en Worsie het ‘n wors geword.

Wat is ‘n vakansie sonder ons fantastiese radiodramas soos Vyftien minute van Roem, Houvas, Iewers in grys en Die Seekat?

Steek die vuur saam met ons aan op Saterdae, want daar is ‘n hele paar braai-programme in die pyplyn.

Ettienne is in jou geselskap tydens twee Saterdae van 16:00 – 18:00.

So skop jou skoene uit, skink ‘n drankie en geniet RSG se vakansie geselskap.

Besoek RSG se programskedule by rsg.co.za vir al die besonderhede.

 

Regsaspekte oor misleidende fynskrif; voedselvergifting-eis

Igna Klynsmith bespreek ‘n onlangse hofsaak oor misleidende fynskrif op ‘n jogurthouer.

Hy praat ook oor voedselvergiftiging, en of mens ‘n eis teen ‘n verskaffer in dié verband kan instel.

Spesialis gas dr. Llewelyn Curlewis sluit sy gesprek oor dwelmmisbruik af.

Die brein en epilepsie

Wat is epilepsie? Wat is die oorsake? Kan ‘n mens dit ontgroei? Kan ‘n mens jou tong insluk? Hoe gevaarlik is dit?

Luister na die volledige program: