Wat is nodig vir n suksesvolle blomboerdery?

Kersoggend praat ons in RSG Landbou oor blomme. Passie, goeie grond, goeie water en ‘n goeie ligging is wat ‘n blomboerdery benodig. So sê Leon Pretorius van Pretorius Blomme. Dié familieboerdery het in 1987 in die mieliewêreld van Delmas begin en ons hoor hoe besigheid ten spyte van al die uitdagings, steeds groei.

Verder kan jy uitsien na ‘n landbou Kersboodskap vanaf Johann Kotzé, Hoof Uitvoerende Beampte van Agri SA.

Foto: Adene’s Farm Flowers

Bakteriofaag-terapie nagevors om antibiotika-weerstandige infeksie-siektes te behandel

 

As mans hul hele identiteit om hul werk bou…

In Geestesgesondheid gesels Johan van Lill met psigiater, dr Chris van den Bergh, oor “wat is ‘n man sonder sy werk?”.

Ons fokus op manlike geestesgesondheid en praat oor mans wat hulle identiteit rondom hulle werk bou en hoe ons op nuwe manière na manlikheid moet kyk om mans se geestesgesonheid te bevorder.

 

Groeihormone vir kalwers: wat moet verbruikers weet

Voerkraalprodusente is genoop om groeibevorderaars te gebruik om die maksimum wins uit ‘n speenkalf te maak. Wanneer die verbruiker egter die woord hormoon hoor, gaan die rooiligte onmiddellike aan. Johan Odendaal werp lig op dié onderwerp.
Ons vind ook meer uit oor TLU SA se traumafonds. Lynette du Plessis gesels met ons oor die ontstaan hiervan en verduidelik hoe fondse aangewend word.

 

Is ondergrondse mynstakings nou die norm?

Die afgelope drie maande was daar drie voorvalle waar mynwerkers ondergronds staak en ander mynwerks gyselaar hou en selfs geweldadig aanrand. In die jongste voorval is meer as 2200 werkers vrywillig en teen hulle wil, ondergronds by Impala Platinum se Bafokeng Rasimone-myn met ‘n oënskynlike staking aan die gang. Dit ná die naweek berig is hoe wit mynwerkers by die Gold One-myn geweldadig ondergronds aangerand is.
Gaan die ondergrondse stakings en geweld die norm word? Hoe kan dit verhoed word?
Ons gesels hieroor met adv. Paul Mardon, adjunk-hoofsekretaris van die vakbond Solidariteit.

 

 

Luister weer in radioteater na ons ligte ‘whodunnit’

Donderdagaand (21 Desember) om 20:00 in RSG se Radioteater kan jy luister na Eleanor Lombard se ligte ‘whodunnit’, Die Skuldige Is Dus..

Die storie

‘n Raaisel is nou maar eenmaal ‘n ding wat opgelos wil word.  Oor die jare verkneukel ons ons in die slimgeit van ‘n Sherlock Holmes en ‘n Hercule Poirot.  En dan is daar adjudant-offisier Lokkie Homes en sy oor-ywerige assistant Jamie Watson.

Adjudant-offisier Lokkie Homes en sy assistent, sersant Jamie Watson, ontvang ‘n oproep: ‘Julle moet dadelik kom. Ek dink iemand is vermoor!’ Soos hulle ondersoek vorder blyk dit dat die slagoffer se hele huishouding elkeen ‘n motief het om hom vankant te maak.

Wie is die skuldige? Dit mag jou verras!

Eleanor Lombard se drama, Die Skuldige Is Dus.. is ligte tong-in- die-kies vermaak vir (oplettende ) nuuskierige agies. Kyk of jy die raaisel kan oplos voor Lokkie en Jamie dit doen!

Die rolverdeling

André Samuels

Die op-en-wakker adjudant-offisier Lokkie Homes word vertolk deur die ervare akteur André Samuels.

Cole Wessels

Sersant Jamie Watson, die op-en-wakker speurder se soms oor-entoesiastiese assistent, word vertolk deur Cole Wessels.

Ronel Geldenhuys

Ronel Geldenhuys kan gehoor word as die onbedroefde weduwee, Sandy Vermeulen.

Adriaan Havenga

Adriaan Havenga is die oorledene en die weduwee se kansvatter stiefseun, Nico Vermeulen.

Johann Nel

Johann Nel vertolk die rol van Koos Vermeulen, pa van die oorledene, en oupa van Nico. Hy is oud, maar nog nie koud nie!

Karli Heine

Karli Heine kan gehoor word as Koekie, die huishoudster, ‘n meisie met geheimpies.

Die regie is behartig deur Amor Tredoux.

Die tegniese en akoestiese versorging is deur Cassi Lowers.

Voor van links na regs: André Samuels en Karli Heine
Agter: Johann Nel, Adriaan Havenga, Cole Wessels, Ronel Geldenhuys en Amor Tredoux, die regisseur.