2023-Boekhoogtepunte

In die laaste oorsigtelike gesprek oor 2023 se boekhoogtepunte, gesels Ilse Salzwedel met Jonathan Amid, boekresensent en manuskripontwikkelaar. Jonathan het ‘n wonderlike lys boeke, wat romans, jeugboeke, misdaadfiksie en ook Engelse boeke deur verskeie Suid-Afrikaanse skrywers insluit. Hou gerus ‘n pen en papier byderhand – daar is beslis iets vir almal se smaak.

Hoekom so groot verskil tussen die verbruikersprys en landbouers se prys vir makadamia-neute?

Reën het die afgelope paar weke in verskeie dele van Suid-Afrika voorgekom. Is die hoeveelheid buitegewoon en hoe lyk vooruitsigte? Ons hoor van Johan van den Berg.

Makadamia neute

RSG Landbou het verlede jaar ‘n luisteraarsvraag ontvang oor die verskil tussen die verbruikersprys en produsenteprys van makadamia-neute. Ons het by Pieter van der Westhuizen van die Suid-Afrikaanse Makadamiaverwerkersforum gaan aanklop. Ons luister weer na die gesprek.

 

Gesonde aanraking is baie belangrik vir kinders se ontwikkeling

Foto: Jessca Lutz

Sportsmasseerterapeut en liggaamstegnikus Miki Kruger gesels met Martelize oor die belangrikheid van goeie gesonde aanraking vir kinders. Ons leef in ‘n samelewing waar ons konstant ons kinders herinner aan die slegte kant van aanraking.

 

Hoe goeie toegang het die sitrusbedryf tot markte in die VSA en Europa?

In RSG Landbou bespreek ons die rol en belangrikheid van landbou in terme van plattelandse vooruitgang.
Ons gesels ook met Deon Joubert. Hy is spesiale gesant mark-toegang vir die VSA en Europese markte by die Citrus Growers’ Association of Southern Africa. Hy lewer kommentaar oor die afgelope seisoen asook marktoegang en uitdagings tans in hand wat daarmee verband hou.

 

Luister weer na hoe jukskei oor die afgelope byna 300 jr ontwikkel het

Vir 290 jaar in die Sandput – Marize de Klerk kuier op die jukskeibaan. 

Marize de Klerk & Heklaas Taljaard (Tallies) met die sy boek oor jukskei se geskiedenis: Jukskei – Die vonkelsport. Hy het dit  13 jaar lank  nagevors en daaraan geskryf November 2023, Pretoria.

Kom kuier vanaand net ná agtuur saam in die sandput en ontdek by monde van toeka se legendes uit die argiewe en vandag se staatmakers en spelers hoe jukskei oor sowat 300 jaar van ‘n uitspanplekspeletjie in ‘n sportkode verander het wat professioneel en wetenskaplik bestuur word, internasionaal erken word as ‘n nie-Olimpiese presisiegooisportkode, en tot ‘n moderne tydverdryf ontwikkel het en geniet word.

 

Agtergrond-inligting

2024 is die 290ste verjaarsdagmylpaal sedert die dragonders in die destydse Kaapkolonie, na oorlewering, vir die eerste keer ‘n pen in die sand geplant het en as ‘n tydverdryf by uitspanplekke met ossewa-jukskeie daarna gegooi het.

 Min kon dié soldate weet dat na byna 3 eeue, oud en jonk in verskeie lande, steeds met skeie na ‘n pen in ‘n sandput sou gooi – nie net vir pret nie, maar ook in  kompeterende internasionale sportwedstryde.

Lindi Schoonwinkel – Rolstoelspeler van Naboomjukskeiklub (Mookgopong (Naboomspruit) Limpopo

Al roep jukskei deesdae dalk steeds beelde op van die Voortrekkers wat met hul ossewaens deur die bosse na die noorde voortstu, is hierdie stukkie Suid-Afrikaanse sporterfenis se realiteit en geskiedenis aansienlik meer kleurryk.

Jukskei is deesdae die enigste inheemse Suid-Afrikaanse sportsoort wat via die Internasionale Olimpiese Komitee by Tafisa, The Association for International Sport for All, en die Suid-Afrikaanse Olimpiese Komitee,  geaffilieer.

Marize de Klerk (agter heel links) maak klankopnames by die Voortrekkermonument se nuwe jukskeibane. By haar kloksgewys van links na regs, is André Ross, Voortrekkermonumentjukskei-adviseur (in blou) Hennie Boshoff , Jukskeispeler en -afrigter (streephemp) en Karla Aggenbach, vyfmalige Junior Suid-Afrikaanse jukskeikampioen. Foto: Simoné Cloete

Volgens navorsing is jukskei vanuit ‘n tegniese oogpunt, een van die moeilikste sportsoorte ter wêreld.

Die oudste jukskeiklub is in Limpopo en is ouer as Jukskei Suid-Afrika se 84 jaar. Selfs die immergroen Afrikaanse musiekjuweel en -treffer, Die Oukraalliedjie, is gebore uit jukskeigeledere!

Negester Klein-Kariba Markdagjukskeitoernooi op 2 Desember naby Bela-Bela (Warmbad) Limpopo

Jukskeideelname in die breër Suid-Afrikaanse gemeenskap het hupstoot gekry sedert die spel se insluiting in die Suid-Afrikaanse regering se Inheemse Spele-inisiatief. Die Suid-Afrikaanse diaspora, die internet en sosiale media spoor nie net belangstelling en deelname onder die jeug aan nie, maar ook in lande soos Uganda, Benin, Spanje, Indië en die VSA.

 

Jukskeitelbord, Negester Klein-Kariba. Naby Bela-Bela (Warmbad) , Limpopo.

Nadia Strydom van Belabosjukskeiklub verduidelik hoe ‘n jukskeitelbord werk. Negester Klein-Kariba Markdagjukskeitoernooi op 2 Desember naby Bela-Bela (Warmbad) Limpopo:

 

Die Oog- vs Belabosjukskeiklubs. Negester Klein-Kariba Markdagjukskeitoernooi op 2 Desember naby Bela-Bela (Warmbad) Limpopo.
Namibië Dogters o/19 jukskeispan sien hael vir die eerste keer tydens die 2023 Suid-Afrikaanse Junior Jukskeikampioenskappe. Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat.
Spel uitgehael. 2023 Suid-Afrikaanse Junior Jukskeikampioenskappe, Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat.

 

Hael 2023 Suid-Afrikaanse Junior Jukskeikampioenskappe, Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat.

 

Lands- en jukskeiprovinsie vlae. 2023 Suid-Afrikaanse Junior Jukskeikampioenskappe, Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat.

 

Hitte van die stryd – Noord-Gauteng o/16 dogters en Wesrand Rooikatte o/16 Seuns.

 

SA Junior Jukskeikampioenskappe in volle swang. Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023.

 

SA vs SA A o/19 seuns Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023.

 

SA vs SA A o/19 seuns Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023.

 

Bongani Koatla, voorgooier SA A o/19 seuns Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023.

 

Spelers tydens prysuitdeling. 2023 SA Junior Jukskeikampioenskappe Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023.

 

SA vs SA A o/19 2023 SA Junior Jukskeikampioenskappe, Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023.

 

Bongani Koatla, voorgooier SA A o/19 2023 SA Junior Jukskeikampioenskappe, Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023.

 

Tinus Barnard, President van die Internasionale Jukskei Federasie met van sy baie medaljes en ‘n hoefystergooihoefyster November 2023, Pretoria.

 

Hoefystergooi-apparaat wat Tinus Barnard, President van Internasionale Jukskei Federasie geskenk gekry het, as ook van sy baie jukskeimedaljes November 2023, Pretoria.

 

Marize de Klerk en Simoné Cloete, Waarnemende Toerismebestuurder van die Voortrekkermonument November 2023, Pretoria.

Video: SA vs SA A o/19 dogters, 2023 SA Junior Jukskeikampioenskappe, Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023:

Fanie Heyneke, voorsitter van Die Oog Jukskeiklub tydens die Negester Klein-Kariba Markdagjukskeitoernooi op 2 Desember naby Bela-Bela (Warmbad) Limpopo:

Fanie Heyneke, voorsitter van Die Oog Jukskeiklub demonstreer die jukskeikierie, Die Oog Aftreelandgoed, naby Mookgopong (Naboomspruit) Limpopo. Met “agtergrondmusiek” soos net sonbesies kan maak op ‘n bloedige warm Bosvelddag in Desember:

 

Vet pret en groot gees langs die jukskeibaan. Mpumalanga o/16 meisies. 2023 SA Junior Jukskeikampioenskappe, Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023:

 

SA, SA A en SA Akademiespanne sing volkslied voor die aanvang van vertoonwedstryde. 2023 SA Junior Jukskeikampioenskappe, Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023:


SA vs SA A o/19 2023 SA Junior Jukskeikampioenskappe, Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023

 

Mihle Phinzi, SA A o/19 seuns 2023 SA Junior Jukskeikampioenskappe, Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023:

 

Ashaki Rasi SA A o/19 2023 meisies SA Junior Jukskeikampioenskappe, Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023:

 

Johané Grobler SA o/19 2023 meisies SA Junior Jukskeikampioenskappe, Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023:

 

Jukskei in Uganda. Video: Internasionale Jukskei Federasie:

 

Herklaas Taljaard, jukskeihistorikus verduidelik aan Marize de Klerk hoe dit gekom het dat jukskei in die VSA gespeel word:

 

Alle foto’s en video’s deur Marize de Klerk behalwe waar anders aangedui

Meer inligting
Hoe speel ‘n mens jukskei?

Luister weer na ‘Mike en Mavis’

Wilson Dunster en Eliza Cawood

Ons sluit die seisoen af met ‘n herhaling van Mike en Mavis gespeel deur die akteurspaar Elize Cawood en Wilson Dunster, geskryf deur Wessel Pretorius.

 

Mavis Kellerman is ‘n weduwee wat haarself afgesluit het van die wêreld. Sy e-pos slegs haar dogter en gaan nog kerk toe.

Dan word sy na die opening van ‘n nuwe bioskoop wat spesialiseer in klassieke rolprente, genooi.

Die eienaar, Mike Lewis, is ‘n eksentrieke oujongkêrel met ‘n ewige romantiese siel. Mavis besef gou dat Mike daarop uit is om haar hart te steel en bevind haarself aan die ontvangkant van ‘n vryery in haar herfsjare.

Hierdie is ‘n gewilde argiefdrama, wat in Afrikaans en Engels aangebied word.

 

 

 

Luister weer na ons Kersdrama

Luister weer na ons Kersdrama Vier dae voor Kersfees, deur Estel de Beer

Ons vier Kersdag op ‘n plaas in Suid-Afrika.

Ontmoet die Scheepers-familie waar hulle op hul plaas woon en werk. Een broer is pas klaar studeer, die ander reeds jare op die plaas. Die Scheepers-familie gaan Kersdag op die plaas vier en voorbereiding is in volle swang. En dis in hierdie tyd wat die baas van die plaas aandring oo ‘n familievergadering om die toekoms van die familieboerdery te bespreek.

 

Vind meer uit oor die Groot en Klein Magelaanse wolke

Hoe voel dit om aand vir aand na die hemel te tuur op soek na klein sterretjies?  Dit is wat Magda Streicher van Polokwane doen. Sy is een van die gaste vanaand in Sterre en Planete en sy praat oor haar projek om die sg Kaapse wolkies – die Groot en Klein Magelaanse wolke, in diepte te bestudeeer.

Nearly 200,000 light-years from Earth, the Large Magellanic Cloud, a satellite galaxy of the Milky Way, floats in space, in a long and slow dance around our galaxy. Vast clouds of gas within it slowly collapse to form new stars. In turn, these light up the gas clouds in a riot of colors, visible in this image from the NASA/ESA Hubble Space Telescope.
The Large Magellanic Cloud (LMC) is ablaze with star-forming regions. From the Tarantula Nebula, the brightest stellar nursery in our cosmic neighborhood, to LHA 120-N 11, part of which is featured in this Hubble image, the small and irregular galaxy is scattered with glowing nebulae, the most noticeable sign that new stars are being born.Image Credit: ESA/NASA/Hubble