Luister weer na ‘Kontant op die kant’ oor geldmaak uit ‘side hustles’

Luister vanaand na Kontant op die kant,  ‘n dokumentêr deur Renaldo Schwarp.

Die dokumentêr, ‘Kontant op die kant’ gaan nie net oor ekstra geld maak nie; dit gaan oor die eindelose moontlikhede van ekstra inkomste verdien. Dit vertel die verhaal van hoe alledaagse Suid-Afrikaners hul eie verhale herskryf deur ‘n kantwerkie twee.

Dit is die begin van 2024, en meeste worstel met die nagevolge van Desembervakansie-uitgawes. Die universiele spanning oor geld is ‘n punt van kommer. Almal verstaan dit. Almal wil ‘n ekstra geldjie hê, en ons wil dit nou hê.

Wat van ‘n ‘side hustle’ of ‘n ‘kantjoppie’?

Renaldo Schwarp slaan die pad regoor SA om hierdie ekonomiese fenomeen in ‘n sterk kultere en historiese konteks te plaas.  Die is nie net ‘n storie oor geld of persoonlike finansies nie; dit is ‘n dokumentêr van hoe alledaagse Suid–Afrikaners oplossings vind om hulsef en hul gesinne se lewens te verbeter.

 

Wat is ‘n ‘side hustle’?

Eenvoudig gestel, is dit ‘n ekstra werksgeleentheid wat jy saam met jou gewone werk aanpak. Mense met ‘side hustles’ werk steeds ‘n 9-tot-5, wat hul hoofinkomste is, maar hul pak kantprojekte aan om ekstra inkomste te verdien in hul  vrye tyd.

‘n ‘Side hustle’ is in sekere opsigte soortgelyk aan ‘n deeltydse werk, maar dit bied ver meer beheer as om bloot ‘n sekondêre werksvorm aan te pak. Die meeste mense met ‘side hustles’ kies hul eie ure, kliënte en projekte.

Wat sê die statistieke?

In ‘n BrandMapp-peiling wat in 2022 gedoen is, is bevind 43% van mense wat meer as R10 000 per maand verdien, het ‘n ‘side hustle’.

Sowat 13% van mense benut geleenthede wat oor hul pad kom. Dit het dikwels met dienste te doen, soos deeltydse administrasiewerk, die installering van satellietskottels of veiligheidskameras, of motorwasdienste.

Sowat 5% van respondente beskou hul tweede inkomste as ‘n eerste stap in die proses om van loopbaan of nering te verander.

Byna twee uit drie mense (64%) sê hulle sal hul heeltydse werk bedank as hul tweede inkomste genoeg geld maak.

Die meeste ‘kantjoppies’ (62%) word fisiek uit die huis uit bedryf en 18% aanlyn. Die persentasie vir aanlyn inkomste is die hoogste in Gauteng (20%) en die laagste in die Noord-Kaap (14%).

Ontmoet die gaste:

In 2022 het haar ‘side hustles’ gehelp om haar dogter na Orlanda, in die VSA vir die Wereldkampioenskappe te stuur.

In die hartjie van die Rosestad ontmoet ons Caroline Kruger, bedags ‘n kredietkontroleerde en saans ‘n kragtoer-ma. Sy gebruik haar veel ‘side hustles’ om die drome van haar kinders ‘n werklikheid te maak.

Vir Caroline gaan dit nie net oor die kontant nie, maar meer om die drome en doelwitte van haar kinders aan te wakker en haar gesinsverhaal te herskryf.

Sedert 2017 het sy verskeie kantprojekte aangepak om haar inkomste aan te vul vir onder andere haar kinders se buitemuurse aktiwiteite en matriekafskeidsfunksies.

Caroline is ‘n ma van drie dogters. Haar twee oudste dogters het Protea-kleure in ‘Cheerleading’ verwerf. In 2022 het haar ‘side hustles’ gehelp om haar dogter na Orlanda, in die VSA vir die Wereldkampioenskappe te stuur.

Die sanger-akteur, Willem Botha, het al van die land se top,-modelle, akteurs en sangers afgeneem en grimeer.

Almal het van Willem Botha gehoor, nie waar nie? Die Afrikaanse sangsensasie slaan nie net hoë note op on plaaslike verhoë nie; hy maak deesdae ook naam as fotograaf en laat dames regoor SA fantasties lyk met sy eie grimeringsprodukte wat wêreldwyd aandag trek. Willem deel meer oor sy ‘side hustle’-reis en wys hoe hy mens met ‘side hustles’ passie en pragmatisme kan harmoniseer.

Willem Botha het die laaste twee jaar sy fokus van sy musiekloopbaan verskuif het na sy twee ‘side hustles’ – fotografie en grimering. Vir Willem het die ontstaan van sy ‘side hustles’ nie ontstaan uit ‘n behoefte om ektra inkomste te verdien nie, maar bloot om sy passies uit te leef en homself daarin te bemagtig.

Jeani Meyer het heelwat ysters in die vuur.

Terug in Bloemfontein klop Renaldo aand by Jeani Meyer, ‘n uitvoerende direkteur van ‘n langlopende familie-onderneming met ‘n ‘side hustle’ wat ontaard het in ‘n bloeiende klerehandelsmerk. Jeani se verhaal is ‘n plaaslike sukses, ‘n viering van tuisdorptrots, en ‘n les in hoe om ‘n ‘side hustle’ in ‘n kommersiële goudmyn te omskep.

Sy is ‘n inhoudskepper, ‘n handelsmerkspesialis, die uitvoerende direkteur van OFS Smart Repair, die stigter en skepper van ‘I LOVE BFN’, ‘n klerehandelsmerk wat haar passie vir styl en haar tuisdorp, Bloemfontein, vier. Laasgenoemde, ‘n ‘side hustle’ wat sy begin het as ‘n kreatiewe uitlaatklep – nou ‘n suksesvolle besigheid in eie reg.

 

Wat weet jy van ons skilpaaie?

Esther Matthew vertel vir Christelle van Tonder van Suid-Afrika se skilpaaie, en hoe gemaak as jou paaie met een kruis.

Die effek van ysbaddens of kouewater-swem op spiere, inflammasie en gemoed

Ons ken die advertensie waar FAF de Klerk in ’n klein ysbad sit. En om soggens vroeg in yskoue seewater te swem, is gewild. Watter uitwerking het ysbaddens of swem in koue water op jou liggaam? Kan dit spiere help om te herstel? ’n Ysbad of swem in koue water het onverwagte voordele.

Mari Hudson praat met dr Pierre Viviers, ’n sportgeneeskundige by die Universiteit van Stellenbosch.

SA vs Israel: wat sal die gevolge wees van dié hofsaak?

Suid-Afrika het Israel by die Internasionale Geregshof in Den Haag verkla onder meer, weens beweerde volksmoord. Die saak word eerskomende Donderdag en Vrydag aangehoor. Suid-Afrika en Israel het swaargewig-regsverteenwoordigers wat hulle onderskeidelik verteenwoordig, maar internasionale regskenners is verdeeld oor albei Suid-Afrika en Israel se kanse op sukses. Wat sal die gevolge wees van hierdie hofsaak?

Ons gesels hieroor met dr. Yolanda Spies, direkeur van die diplomatike studies-program aan die Universiteit van Oxford in Brittanje.

Gaan die ANC dieselfde pad stap as die NP?

Vandag, ‘n 112 jaar terug, is die ANC in die Waaihoek Wesleyaanse kerk in Bloemfontein gestig. Dis die party van Pixley Ka-Seme, Albert Luthuli, Nelson Mandela en Oliver Tambo. Vanjaar is dit ook 100 jaar sedert die J.B.M. Hertzog se Nasionale Party se Pakt-regering die eerste keer aan bewind gekom het.
Gaan die ANC met sy Afrika-nasionalisme, soos die NP met sy Afrikaner-nasionalisme, uiteindelik ten gronde gaan, soos die politieke ekonoom, Moeletsi Mbeki, voorspel? Ons gesels nou hieroor met Tim du Plessis, rubriekskrywer en ‘n voormalige redakteur van Rapport.

Hoekom brand ‘n padda jou hond se bek?

Ons praat oor die klanke wat paddas maak, wat paddas kan ruik, hoekom paddas jou hond se bek irriteer, en selfs al stel jy nie in paddas belang nie, kom hoor die oulike name vir paddas. Ons praat ook oor vlermuise, en hoe vlug hulle energie tap.