Wat is Maandagmôresiekte wat perde tref?

Maandagmôresiekte by perde is ‘n metaboliese toestand wat spesifiek die spierweefsel van perde affekteer. Dr Delarey Ribbens beantwoord ‘n paar vrae hieroor.

Konsortium Merino bied op 26 Januarie hul 99ste veiling aan en ons gesels met Gawie van Heerden hieroor.

Dieregesondheid bly op die voorgrond in Suid-Afrika. Prof Leon Prozesky het tydens verlede jaar se LRF Veeskool verduidelik hoe om siekte-uitbrekings te hanteer. Ons hoor wat hy daaroor te sê het.

 

 

Luister weer: ‘Marine-misdaad: Die slagting in ons oseane’

Marine-misdaad: Die slagting in ons oseane is ‘n dokumentêr deur Martelize Brink.

Skakel in vir ‘n ondersoekende dokumentêr oor die marine misdaad op massavlak om SA se kus. Wie vat voor om die groot probleem aan te spreek? Hoe bekamp jy ‘n misdaad wat op die diepsee gepleeg word?

Navorsing deur die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie beraam dat Suider- en Oos-Afrika jaarliks in die omgewing van R12,2 miljard aan onwettige en ongerapporteerde visvang verloor. Hulle skat verder dat 85% van visvoorrade wêreldwyd nou ten volle ontgin word, en onwettige visvang is een van die hoofbydraers. 

 

Agtergrond-inligting

Maryke Musson is ‘n marine bioloog wat voorheen by die 2 Oseane Akwarium en Ushaka Marine World betrokke was. Sy boer tans met 2 miljoen visse in Ysland.

Kommersiele kwotas vir perlemoen is 100 ton per jaar. Dit is slegs vir wildeperlemoen. Maar volgens statistieke word meer as 2000 ton Suid-Afrikaanse perlemoen uitgevoer, geboerde perlemoen uitgesluit. Dit bly volgens Maryke Musson, marine bioloog, die grootste voorbeeld van die stroping wat om die Suid-Afrikaanse kuslyn plaasvind.

Drie groot perlemoen afpersingsake in Suid-Afrika – Staat v Blignaut; State v Miller en State v Brown – is as georganiseerde misdaad vervolg, met vonnisse van 18 tot 20 jaar wat in Maart 2018 en Maart 2019 opgelê is.

Navorsing deur die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie beraam dat Suider- en Oos-Afrika jaarliks in die omgewing van R12,2 miljard aan onwettige en ongerapporteerde visvang verloor. Hulle skat verder dat 85% van visvoorrade wêreldwyd nou ten volle ontgin word, en onwettige visvang is een van die hoofbydraers. Aldus The Daily Maverick en die SA FishForce.

Marine-misdaad dek ‘n baie wye spektrum van dade. Dit sluit in ontwettige handel in verdowingsmiddels, mense en slawe -handel, besoedeling, wapensmokkel, seerowery, belastingontduiking, onwettige visvangste, onwettige immigrasie, smokkel van eksotiese plante en diere, marine besoedeling, onwettige vervoer en handel in toksiese stowwe.

Die sogenaamde “FishForce”-akademie is in 2016 stig om die misdaad te beveg.

Video: Burgerlike organisasies vervul ‘n belangrike rol in die beperking van onwettige praktyke. Sommige organisasies soos Sea Shepherd poog om verskeie aktiwiteite in ons oseane hok te slaan.

Gaste op die program

Martelize se gaste sluit in Prof Hennie van As, direkteur van die sentrum vir Reg in Aksie en Direkteur van die FisForce by die Nelson Mandela Universiteit, die woordvoerder van die Department Landbou en Visserye, Marine Bioloog, Maryke Musson, Wilfred Chivell, Uitvoerende Hoof van Marine Dynamics Akademie in Gansbaai en Dr Johann Augustyn, Uitvoerende Sekretaris van die SA Diepsee Treilvissery Vereniging.

Video: Pikkewyne word vrygelaat

Lees ook:

https://theconversation.com/us/topics/illegal-fishing-3340: A new study reveals that 75% of the world’s industrial fishing vessels are hidden from public view.

https://www.dailymaverick.co.za/article/2021-05-02-the-abalone-connection-the-ties-that-bind-poaching-and-smuggling-with-the-sa-crystal-meth-industry/

 

Die belangrikste konflikgebiede in die wêreld is…

Die wêreld gaan gebuk onder tientalle gewapende konflikte. Van die konflikte sluit onder meer Israel se oorlog teen Hamas, Rusland se oorlog teen Oekraïne, Soedan, die Demokratiese Republike die Kongo en die Sahel-streek in. Amerika en Brittanje het die afgelope week ook die Houthi-militante groep in Yemen aangeval, na dié groep, kommersiële skepe in die Rooi see aangeval het.

Om met ons hieroor te gesels, sluit professor Hussein Solomon, kenner van konflikoplossing en sekerheidstudies aan die Universiteit van die Vrystaat by ons aan. En professor Abel Esterhuyse van die fakulteit Krygskunde aan die Universiteit Stellenbosch, sluit ook by ons aan.

 

Die trauma wat emigrasie veroorsaak

“My ouma bly in ‘n rekenaar”, het ‘n kleinkind van ‘n Suid-Afrikaanse ouma vertel. Die kind woon in die buiteland en sy ouma in Suid-Afrika. Die pasafgelope Kersvakansie het duisende mense of vir hulle familie in die buiteland gaan kuier, of hier in Suid-Afrika ‘n Somerkersfees by familie kom vier. Die afskeid daarna is dikwels hartseer. Dan is daar ook nog die horde bejaardes wie se kinders nie vir hulle kom kuier nie, wat jare, soms dekades laas, hulle kinders en kleinkinders gesien het. Ons gesels vanoggend met die emigrasieterapeut, dr. Sulette Ferreira hieroor.

 

Só maak RSG ‘n verskil in mededingende radiolandskap binne sy uitsaailisensie-voorwaardes

RSG se bestuurspan sit na aanleiding van onlangse kommentaar en mediaberigte, uiteen hoe ‘n Openbare Uitsaaier werk, wat OKOSA se bepalings vir RSG se uitsaailisensie is en gee inligting oor dié stasie se omvattende mandaat.

Te midde van toenemende belangstelling van die publiek in die rol en funksionering van die Openbare Uitsaaier, is dit van kardinale belang om te besef dat die SAUK en spesifiek sy Afrikaanse radiodiens RSG die maatskaplike verantwoordelikheid het, en daartoe verbind is, om inhoud in verskeie genres uit te saai wat die Suid-Afrikaanse samelewing in al sy verskeidenheid op lug sal reflekteer.

Plaaslike inhoud
Ons visie as Openbare Uitsaaier is om ons aanbod van plaaslike inhoud te verbreed, terwyl ons ook ’n fyn balans handhaaf tussen internasionale en gewilde of vermaaklike inhoud.

Ons leef egter in ’n wêreld waar mense se belewenisse nie altyd net tot Suid-Afrika beperk is nie en van ons programme bied gereeld insette van internasionale kenners en akademici. Binne dié konteks sal plaaslike inhoud (insluitend musiek) altyd koning kraai. Dit is daarom vir RSG belangrik om Suid-Afrikaanse stories, ervarings en mense in die kollig te stel.

Omvattende mandaat
In die lig van RSG se omvattende mandaat is dit belangrik om te onthou dat al die SAUK se radiostasies wetlik verplig word om verskeie statute en regulasies in sy daaglikse uitsendings na te kom.

Al die radiostasies moet spesifieke plaaslike kwotas nakom wat deur die reguleringsowerheid die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (OKOSA) in uitsaailisensies vervat word.

RSG se lisensievoorwaardes bepaal dat die stasie aan spesifieke vereistes moet voldoen wat sy nuus, aktualiteit, drama, kinderprogramme, sport, godsdiens, opvoedkunde en inligtingsprogramme betref.

Die stasie het ook ’n kwota van 70% vir Suid-Afrikaanse musiek, waaraan maandeliks voldoen moet word.

RSG voldoen voortdurend aan al die mandaatvereistes en in sommige gevalle lewer die stasie selfs meer was wat vereis word, soos in die totale drama-aanbod.

Spesifieke OKOSA-vereistes in RSG se uitsaailisensie
Die OKOSA-vereistes, soos wat dit in RSG se uitsaailisensie uiteengesit is, verwag van die stasie om weekliks

  • altesaam 300 minute van opvoedkundige programme,
  • 60 minute van kinderprogramme,
  • 180 minute van godsdiens en informele kennisbouprogramme
  • asook 180 minute van dramaprogramme uit te saai.
  • Die nuus en programme met aktualiteit het verskillende vereistes vir weekdae en naweke.

RSG bied ‘n verskeidenheid inhoud en musiek wat relevant, interessant en vermaaklik is vir die teikengehoor en hul kultuurbelewenis, terwyl daar deurentyd aan die mandaatvereistes voldoen word.

RSG was nog altyd innoverend in sy inhoud en aanbieding om sodoende relevant te bly in ‘n moderne era waar luisteraars ‘n wye keuse van media-aanbiedings het.  Die stasie streef altyd daarna om inhoud van hoogstaande en wêreldklas-gehalte in ‘n hoogs mededingende uitsaaibedryf te bied.

Lojale luisteraars
RSG se luisteraars is van die mees lojale en passievolle mediaverbruikers wat hul stemme daagliks laat hoor. Dit is daarom ’n delikate balanseertoertjie om vir almal van 8 tot 80 jaar uit diverse agtergronde iets betekenisvols en selfs vermaaklik te lewer.

Die RSG-gehoor wissel van tradisioneles en utopiërs tot materialiste en middelmatiges of onsimpatiekes. Luisteraars is die hele tyd in kontak met die stasie en gesels saam deur die SMS-lyn, WhatsApp-stemnota’s, oproepe na die ateljee, die stasie se amptelike e-posadres sowel as deur die digitale- en sosialemediaplatforms.

Dit bly ’n uitdaging om aldag aan ’n gehoor van 1,287 miljoen individuele luisteraars se behoeftes en smake te voldoen. Met sy wye programaanbod, bied RSG se boeket iets vir almal en sal luisteraars wel iewers iets vind om by aanklank te vind.

RSG is nie ‘n godsdiens-stasie nie
RSG is nie ’n godsdienstige stasie nie, maar ’n sekulêre uitsaaier wat geloofsprogramme uitsaai as deel van die gehoor se kultuurbelewenis, in ooreenkoms met die weeklikse OKOSA-lisensievereistes.

Deur sy programme stel RSG sy luisteraars bloot aan inspirerende verhale, stories van groei en veerkragtigheid, asook ’n magdom sienings wat op ’n smaakvolle en sensitiewe manier aangebied word.

Markleier
In talle van sy programme is RSG die markleier, soos sy veelbekroonde dramaspyskaart.

Tydens die onlangs Suid-Afrikaanse Radiopryse, het RSG weer eens die prys vir beste radiodrama ingeoes. Vroeëre dramaproduksies het die grense verskuif met omstrede stukke soos Pous Johanna en die Jeanne Goosen-kabaret Elders aan diens. Selfs met En toe kom Eva, met die veteraanakteur Louis van Niekerk in die rol van God, het die stasie klagtes ontvang oor die inhoud.

RSG koester egter die reg op vryheid van spraak en die kreatiewe vryheid om intelligente en soms uitdagende inhoud vir ’n diverse gehoor te bied.

As ’n betroubare Afrikaanse radiohandelsmerk sal RSG die belangstellings van sy luisteraars weerspieël, maar as Openbare Uitsaaier het die stasie ook die rol om op ’n verantwoordelike manier op te voed en te bemagtig. RSG maak ’n verskil en sal voortgaan om ’n verskil in Suid-Afrikaners se lewens te maak as getroue klankmetgesel.

RSG is verbind tot die lewering van sy mandaat en vra sy luisteraars om die stasie en sy omroepers verantwoordbaar te hou, maar ook om erkenning te bied as die stasie sukses behaal en ’n positiewe impak op lewens het.

Deur in die kleurvolle luisterpubliek se behoeftes te voorsien, verseker RSG sy voortbestaan as klankgenoot.

 

 

Koning Charles vereer John Kani

John Kani

Koning Charles het laat verlede jaar die Suid-Afrikaanse veteraan akteur en dramaturg, dr. John Kani vereer met die Orde van die Britse ryk, oftewel OBE.

Dr. Kani het boonop verlede jaar sy 80ste verjaardag gevier en is toe deur die minister van sport kuns en kultuur, Zizi Kodwa, vereer.

RSG gesels met Dr Kani.

 

Wie het ‘n reg op stemreg?

Veronique van Heyningen en Igna Klynsmith bespreek onder meer Suid-Afrikaanse regte ten opsigte van stemreg, asook die reg van openbare deelname.

Spesialisgas, Susan de Wet praat oor die regte van buitelandse burgers t.o.v eise teen die Padongelukke fonds, sou hul beserings op Suid-Afrikaanse paaie opdoen.