Marita van der Vyver gesels in Skrywers en Boeke

Marita van der Vyver

Ilse Salzwedel se gas is Marita van der Vyver, skrywer van 30 boeke, wat kinderboeke, jeugboeke en romans soos GRIET SKRYF ‘n SPROKIE, WEGKOMKANS en LAASTE KANS insluit.

Hulle kyk terug op Marita se loopbaan wat oor meer as 40 jaar strek. Johan Myburg gesels oor die kortlys vir die Rathbone Foliopryse en het nog ‘n lys internasionale boeke waarna lesers kan uitsien. Daar is selfs ‘n roman uit die pen van Keanu Reeves.

 

‘Die waarde van rooivleis moet deur graderingstelsel verbeter word’

Dit is van groot belang om die waarde van rooivleis deur middel van ‘n graderingstelsel in Suid-Afrika te verbeter. Prof Phillip Strydom, ‘n professor in vleiswetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch gesels met ons hieroor.

Nog ‘n provinsie wat deurgeloop het onder vloede, is KwaZulu-Natal. Angus Williamson van Kwanalu gee perspektief oor landbou in KZN en hul fokus vir 2024.

Johan van den Berg is ook terug met weersake en Chris Derksen gesels oor vleispryse.

 

Helpmekaar-seun presteer in matriek met ‘n nuwe hart ná oorplanting

Die onafhanklike eksamenraad het pas sy matrieks se uitslae bekend gemaak. Een van die Matrieks wat sy uitslae gekry het, is Pedro Basson wat aan die Helpmekaar Kollege, in Johannesburg, gematrikuleer het.

Pedro het in sy graad 11-jaar ‘n hartoorplanting gehad en ondanks die groot operasie steeds uitstekend presteer in sport en akademie. Hy het in April 2023 ‘n goue medalje gewen op die Wêreld Oorplantingspele in Australië.

Pedro en sy ma, René, het byna ‘n jaar terug by ons gekuier en is vanoggend weer hier by ons in die ateljee.

In RSG se ateljee. Van links is René,Pedro se ma, Pedro, Renske en Gustav.
René, Renske, Pedro en Gustav.
Uittreksel: Discovery Health

Wat is die doel van ‘n resensent?

Kobus Burger, RSG se programbestuurder en self ‘n gerekende resensnt, verduidelik wat die doel van ‘n kunsresensent is.

16 Januarie 2024

 

 

‘Revolusie nodig in SA-onderwys’

Skole het geopen vir 2024. Sowat ‘n miljoen graad een leerlinge sal landwyd met hulle skoolloopbaan begin.

Uitkomste, gemeet aan die gehalte onderrig en opvoedingsvlak van leerders, is egter kommerwekkend swak in Suid-Afrika.

En dis die rede hoekom daar ‘n “revolusie” in die onderwysstelsel in Suid-Afrika moet wees. Dit is die mening van Jurie Joubert, ‘n onderwyskenner.

 

Regsaspekte oor derdepartyversekering; mede-eienaarskap van eiendom; kontantlose winkels

Die week in Regsake saam met Veronique van Heyningen en Igna Klynsmith, bespreek hy onder meer vrae oor boedels en 3de party-versekering.

Spesialisgas Volker Kruger praat oor geskille wat verband hou met mede-eienaarskap van eiendom.

Est-Marie McCallahan praat oor ‘n bekende winkelgroep wat voortaan nie meer kontant as betaling gaan aanvaar nie.

 

Wat het verkeerd geloop met die jongste maan-sending?

‘n Vuurpyl wat deur die United Launch Alliance gelanseer is na die maan toe kon nie sy sending voltooi nie.  Willie Koorts verduidelik wat fout gegaan het.

Hy praat ook oor ‘n miniatuur aandrywingstelsel vir ‘n mikrosatelliet.