Moenie jou kind dissiplineer uit woede nie!
Hoekom moet die strafproseswet verander word?
Die Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Ronald Lamola, het aangekondig daar sal met erns begin word om strafproseswetgewing te hersien. Lamola het ‘n advieskomitee van agt lede aangewys om, onder meer, sagte wetgewing uit die apartheidsera, soos hy dit stel, te ondersoek.
Ons praat hieroor met die strafregspesialis, dr. Llewelyn Curlewis, wat verbonde is aan die Universiteit van Pretoria.
Voorkom selfmoord onder tieners: let op na dié tekens
Die nuwe skool jaar begin en die matriekuitsale is om die draai, tieners regoor die land voel angstig en raak depressief oor die veranderinge wat voorlê.
Ds Riaan Steenkamp gesels as berader oor selfmoord onder tieners. Hy gesels oor die tekens, wat ouers en gemeenskappe kan doen om dit te voorkom en vroegtydig bewus te raak as hulle tieners dalk selfmoord neigings het.
Groot planne om SA se beleggings in son- en windkrag te versnel
Groot planne om SA se beleggings in son- en windkrag te versnel, vertel Bernard Magoro – hoof, IPP-kantoor
Wat behels dit om in ‘n psigiatriese kliniek opgeneem te word?
Van tyd tot tyd voel die meeste van ons bietjie af, donker of selfs uitgebrand. Jy gaan dokter toe en hoor die gevreesde woorde, “dit mag dalk beter wees om opgeneem te word.” Wat beteken dit? Wat kan jy verwag? Kom vind alle suit oor psigiatriese klinieke en die waarde wat dit toevoeg tot mense se lewenskwaliteit.
Is die Slaagsyfer te laag vir matrieks ?
Die nuwe skooljaar is aan die gang, en soos jy nou al baie gehoor het, is die matriekuitslae vanoggend bekend gemaak. Minister Angie Motshekga meen ons land is nou ‘n geletterde land, met ‘n slaagsyfer van byna 83%.
Vanjaar is egter ook ‘n verkiesingsjaar en soos so baie dinge in ons land, kan onderwys nie politiek ontsnap nie. Wat lê vanjaar voor vir onderwys in Suid-Afrika? Ons gesels hieroor en oor ander onderwykwessie met dr. Jaco Deacon, uitvoerende hoof van FEDSAS.
Groter wyndruifoes verwag in 2024
Suid-Afrikaanse wyndruifprodusente verwag ‘n goeie en ietwat groter 2024-wyndruifoes vergeleke met die relatief klein oes van 2023. Dit is volgens die eerste van vier wyn-oesskattings wat jaarliks deur wingerdboukundiges en produsente kelders uitgereik word. Dr. Etienne Terblanche is Bestuurder van die Vinpro Konsultasiediens.
President van die Heidelberg Landbouskou Vic Brand, sluit by ons aan met besonderhede rakende die geleentheid wat in Februarie aangebied word.
Dr. Ilse Trautmann is Adjunk Direkteur Generaal Landbou Navorsing en Regulatoriese Dienste by die Departement Landbou Wes-Kaap. Sy gesels oor die gratis landbou-publikasie, Agriprobe.
Is ‘n Rooi Roman giftig?
Luister weer: Springbokke met flair en die vergete vlugvoetiges
Luister weer na hierdie dokumentêr oor Bokke met flair, en vergete vlugvoetige rugbyspelers met ‘n fokus op die onbesonge helde uit die bruin gemeenskappe, deur Heinrich Wyngaard.
Die fokus van hierdie dokumentêr is rugbyspelers wat oor die X-faktor beskik is. Wat onderskei spelers met vlugvoetigheid of flair, en wie was hulle voorgangers?
Die potgooi word binnekort hier gelaai.
Heinrich skryf:

‘n Mens kan hulle seker die “Fantastiese 5” noem; dis nou Damian Willemse, Cheslin Kolbe, Manie Libbok, Kurt-Lee Arendse en Canan Moodie.
Hulle name duik outomaties op wanneer daar gepraat word oor die vlugvoetige agterspelers wat die Springbokke in September en Oktober verlede jaar gehelp het om die Rugbywêreldbeker vir ‘n vierde keer te wen.
Natuurlik is daar ander ook, soos Willie le Roux en Grant Williams – en selfs die losvoorspeler Kwagga Smith. Maar ek moes vir die doel van hierdie dokumentêr ‘n keuse maak en het besluit op die vyf wat my die meeste beïndruk.

Die program se oorsprong is ‘n onderhoud wat ek in Februarie verlede jaar met Deon Davids, ‘n assistent-afrigter van die Bokke, op my kykNet&kie-geselsprogram KLOP! gevoer het. In seker die voorlaaste vraag, pols ek hom toe oor of daar nog plek vir flair in die Bokspan is: “Defintief!” was sy antwoord.

En in Frankryk het die span dit gewys én bewys: Willemse, Arendse en Moodie se aftrappe na links en regs, systappe óm teenstanders. En dan daardie ongelooflike oomblikke toe Libbok in die eerste WB2024-kragmeting teen Skotland met sy oë gerig op ‘n aankomende opponent die bal hoek toe geskop het vir ‘n wagtende Arendse om te gaan druk – die sogenaamde “no look”-skop. En ook toe Kolbe, in die kwarteindstryd, ‘n Fransman se doelskop afstorm om die Bokke se oorwinning te seël.
Soos dr. Wilbur Kraak, sportwetenskaplike aan die Universiteit van Wes-Kaapland, in die dokumentêr sê, het die spelers se agtergrond baie te doen met hul vlugvoetigheid.
Nie net dit nie. Hulle volg ook in die voetspore van ander wat in vroeëre eras met dieselfde vaardighede teenstanders dronk gehardloop het en toeskouers in vervoering gehad het.


Dié spelers het destyds aan twee verskillende kante van die rugbyfoutlyn in bruin gemeenskappe gespeel.
Sterre soos Anwa Majiedt en Daniel “Spoekie” September het vir die Sacos-geaffilieerde Saru uitgedraf en John Stubbs en Errol Tobias vir die Federasie, wat ‘n filiaal van die SA Rugbyraad van dr. Danie Craven was.
Naas Kraak, word die stemme van onder andere Peter de Villiers (eerste bruin Bokafrigter), Breyton Paulse (voormalige stervleuel en nou kommentator) en die sportsielkundige dr. Henning Gericke gehoor.
Dit was vir my ‘n voorreg om die dokumentêr te kon doen as ‘n nuutste stap om erkenning aan onbesonge helde uit bruin gemeenskappe te gee.
Wat opvallend is, is dat daar geen klankopnames bestaan van wedstryde waarin spesifiek die ou Saru-sterre hul talente ten toon gestel het nie. Die dokumentêr vergoed op ‘n minuskule manier daarvoor.
Lees ook: https://showme.co.za/lifestyle/rugbys-freedom-fighters/