Wat as jy dinge hoor en sien wat nie bestaan nie?

Dit gebeur dikwels dat ‘n klein persentasie van die samelewing ‘n splitsing, of breuk met realiteit ervaar. Dit veroorsaak dat hulle dinge hoor en sien wat nie vir ander mense bestaan nie. Dit kan vreeslike angs vir ‘n individu veroorsaak.

Luister weer na ‘n dokumentêr oor drome

Luister op 15 Februarie na Die padkaart in jou drome, ‘n dokumentêre program deur Flip Loots.

Alle mense droom. Party drome laat my glimlaggend opstaan, ander veroorsaak dat ek in koue sweet wakker skrik, en nog ander is nagmerries wat my hele dag bederf. Maar wat is drome en moet ‘n mens betekenis daaraan probeer heg?

Die twee bekende sielkundiges, Sigmund Freud en Carl Jung, se teorieë oor drome word vandag nog deur baie aangehang. Freud was van mening dat drome ‘n manier van die onbewuste is om met die bewuste te kommunikeer, veral ten opsigte van onvervulde seksuele begeertes, terwyl Jung beweer dat drome nie noodwendig ‘n seksuele ondertoon het nie, maar vol simbole, beelde en metafore is met verskeie betekenisse wat verband hou mense se eksterne omgewing (individue en plekke waarmee jy in aanraking kom), asook jou interne omgewing (gevoelens, gedagtes en emosies).

Flip Loots

In Flip Loots se dokumentêre program: Die padkaart in jou drome van 15 Februarie 2024, om 20:00, word gesels met kundiges soos prof. Kobus Maree, sielkundige van die Universiteit van Pretoria, die bekende radio-omroeper, Esté Geldenhuys wat ‘n studie van drome gemaak het, asook met prof. Marius Nel van die NWU oor die moontlikheid van Bybelse interpretasies van drome. Daar word ook gehoor wat ‘n klompie individue oor hul droom-ervarings te sê het.

Dit was NP van Wyk Louw wat gesê het: “Kom vannag in my drome as dit donker is en stil; reik my jou hand deur die drome, en ons dwaal waar ons wil.” 

Droom, droom ons almal. Maar dis nie altyd drome waarvan ek hou of waaroor ek beheer het nie. Daar is drome van iets wat my jaag, of waar ek op ‘n hoë plek staan en dan afval in donkerte, of dat my tande uitval, of dat ek laat by die werk aankom, of nagmerries wat my in sweet laat wakkerskrik.

Maar wat is drome regtig en waarom droom mense? Kan jy besondere betekenisse heg aan drome, en moet jy jou daaraan steur? Wat het my gemoedstoestand te maak met dit wat ek saans droom en waarom kan ek meestal nie onthou wat ek droom nie? Gee drome waarskuwings oor wat gaan gebeur en hoe verskil dit met Bybelse visioene?

Dit is vrae soos hierdie wat aan die orde kom in die dokumentêre program aan die beurt kom.

 

3 Fusies, 6 skroewe, 3 spasieerders met rugoperasie van voor en nuwe manier van agter: pasiënt stap binne ure sonder pyn

Dr Reggie King (sittend) wat die rugoperasie van die voorkant doen, en dr Shawn Venter wat die tweede deel van die operasie van die rugkant doen deur ‘n spesifieke nuwe soort sleutelgattegniek.

Twee Suid-Afrikaanse ortopede het met die implementering van ‘n nuwe sleutelgat-tegniek as deel van rugoperasies wat van die voorkant en agterkant in dieselfde operasie gedoen word, ‘n nuwe wending aan dié soort rugoperasies gegee.

Die rooi pyle dui die skroewe aan om die fusies tussen werwels te verseker. Dis deur biportale sleutelgatchirurgie van die rugkant gedoen nadat die spasieerders (geel pyle dui die skruwe aan wat die spasieerders in plek hou) van die voorkant ingesit is om die rugdeformiteit te herstel.

Dansky dié stap kon ‘n pasiënt selfs ná ‘n komplekse rugoperasie waar ‘n deformiteit herstel word en die rug weer regop gemaak word, ‘n fusie op twee of meer vlakke gedoen word en talle penne in die rug geplaas word, binne ure ná die voor-agter-operasie op die been wees en begin stap sonder pyn. Die pasiënte herstel vinniger en beter en met drasties minder pyn.

Die twee ortopede is dr Reggie King en dr Shawn Venter van die Spine Center in die Paarl. Die operasies word in die Paarl Mediclinic en die Kuilsrivier Netcare hospitale gedoen.

Dr Venter gaan in Maart in Frankryk dié nuwe aanslag op uitnodiging van Franse ortopede aan dié en ander genooide ortopede voordra.

Luister hieronder na deel 2 (vanaf die 16de minuut) van Gesondheid op RSG, na die eerste episode:

Die prosedure en voordele word verder in episode 2 op 14 Februarie bespreek:

Luister ook

Dr Venter verduidelik hier in besonderhede hoe die nuwe sleutelgat-tegniek gedoen word. Die tegniek behels biportale endoskopie, waar ‘n instrument met ‘n kamera aan die voorpunt, asook ‘n instrument om die veld skoon te maak en by die defektiewe tussenwerwel-skyfie en die vernoude senuwee-kanaal uit te kom en die senuwee te bevry van die drukking. ‘n Fusie op een of meer vlakke en die inplant van penne en skroewe kan nou ook deur dié spesifieke sleutelgattegniek gedoen word.

Mynbou: Is die res van Afrika nou aantrekliker as SA?

Die Mynbou-indaba het verlede week in Kaapstad ten einde geloop.

Dit was een van die grootste Indabas ooit, met meer as 11 000 mense wat belange het in die mynbedryf, wat dit bygewoon het. Daar was goeie en slegte nuus by die indaba, veral wat werksgeleenthede betref.

s Hoekom lok Suid-Afrika nie meer die belangstelling wat dit tien jaar terug gelok het nie? Ons praat hieroor met die mynbouswaargewig, Bernard Swanepoel.

Wêreldradiodag: Wat is die rol van ‘n openbare diensstasie soos RSG?

Op 13 Februarie word Wêreldradiodag gevier. Ons het verlede week gepraat oor die rol van kommersiële en gemeenskapstasies. Een van die belangrikste soorte radiostasies in Suid-Afrika, is openbare diensstasies, soos RSG.

Ons praat hieroor met die voormalige bestuurder van RSG, Magdaleen Kruger.

Luister ook:

Wêreldradiodag – Deel 1

13 Februarie is Wêreldradiodag. Verlede jaar het ons ‘n 100 jaar van radio in Suid-Afrika gevier. Daar is drie soorte radiostasies wat deur die wetgewing en regulasies in Suid-Afrika gereguleer word – kommersiële stasies, gemeenskapstasies en openbare diensstasies. Ons praat vanoggend oor kommersiële- en gemeenskapstasies met professor Franz Krüger, ‘n navorisingsgenoot in joernalistiek aan die Universiteit van die Witwatersrand.

 

Wêreldradiodag: Die ontstaan van die Afrikaanse diens

Ina Strydom het in 2022 DIE REUSE VAN RADIO saamgestel het uit argiefmateriaal. Danie Erasmus was destyds in gesprek met ‘n eertydse direkteur-generaal van die SAUK, Douglas Fuchs.

Regsake oor derdeparty-eise, blaffende honde en bekentenisse

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief wat handel oor ‘n derdeparty-eis.

Hy praat ook oor ‘n eienaar van ‘n deeltiteleenheid wat wil weet wat sy regte is m.b.t. ander inwoners wat kla dat sy honde aanhoudend blaf.

Spesialisgas dr. Llewelyn Curlewis verduidelik wat bekentenisse in die Suid-Afrikaanse reg behels.

Vier Wêreldradiodag 2024 saam met RSG!

Op Dinsdag 13 Februarie word Wêreldradiodag regoor die wêreld gevier.

Navorsers reken dat radio se toeganklikheid en die feit dat dit draagbaar is, dit steeds een van die gewildste media maak. Inderwaarheid het altesame 71% van alle volwassenes in Suid-Afrika het binne ’n tydperk van vier weke na die radio geluister, volgens ’n peiling deur die Broadcast Research Council (BRC) in Suid-Afrika.

RSG se luisteraars kan op 13 Februarie ’n dag vol pitkos verwag:

  • Die omroepers gaan onder andere vertel hoekom hulle radio verkies en geniet.
  • En die ontbytprogram Op en Wakker gaan ’n reeks oor die radiolandskap in Suid-Afrika uitsaai wat ook die verskillende tipe radiostasie sal belig.
  • In Kompas gaan jongmense gesels oor hul voorliefde vir radio.

Ons wil natuurlik ook van jou hoor – ons getroue RSG. Kyk gou hier na hierdie video:

Stuur vir ons jou 10 sekonde-lange video na info@rsg.co.za teen Maandag 5 Februarie. Loer dan na ons Facebook-  en Instagram-platforms op die 13de Februarie om te sien waar jou video ‘n belangrike rol gaan speel.