RSG + ATKV = 2024 Radiodramakompetisie

Vanjaar vind die 28ste RSG-radiodramaskryfkompetisie plaas.

Dié kompetisie bied ‘n platform vir talentvolle skrywers om hul kreatiwiteit ten toon te stel en hul stories tot lewe te bring deur die boeiende medium van radio.

Met ʼn totale pryspoel van R115 000 bied vanjaar se kompetisie aansienlike pryse vir deelnemers.

Die sluitingsdatum is 30 Junie om 08:00.

Klik hier om al die belangrike dokumente af te laai:

Luister weer na Só klink Distrik Ses

Luister weer na Só klink Distrik Ses, ‘n nostalgiese dokumentêr saamgestel deur Haidee Muller.

Haidee Muller-Isaacs diep stories op van vergete musiekskatte uit Distrik Ses, die kleurryke gebied in Kaapstad se middestad in die jare 60. Dit plaas die kollig op musiekstories van talentvolle musieklegendes uit dié multikulturele woonbuurt, sommiges wat in weerwil van hulle talent, nooit genoeg blootstelling gekry het nie.

Baie van hierdie kunstenaars, al is hulle dalk minder bekend, het met hulle stemme en kuns bygedra tot die nalatenskap van die Distrik se musiekgeskiedenis. Deur hierdie langvergete musiekskatte te deel, kan die luisteraar meer leer oor die omvang en diversiteit van die verskeie musiekgenres en ‘n waardering ontwikkel vir die ryk tapeserie van musiek wat uit Distrik Ses voortgespruit het.

Veteraan joernalis, Warren Ludski, ‘n boorling van die area, het by geleentheid genoem dat die eienaar van Meteor Records in Darlingstraat, bykans elke talentvolle musikant van Distrik Ses die geleentheid gebied het om in Meteor se ateljees plaatopnames te maak. Dié skaars plaatopnames het mettertyd verdwyn en kan vandag slegs gevind word in enkele privaat musiekversamelings aan ons bekend.

Jayson King

Jayson King was destyds ‘n musiekpromotor en platehandelaar wat noue band met Distrik Ses gehad het. King het baie plaaslike kunstenaars vanuit Distrik Ses en omliggende gebiede gebruik vir sy musiekkonserte.

Dit sluit kunstenaars in soos Derek Petersen and the Escapades, Chico Levy, The Big Beats, The Missiles, The Exotics, The Rockets, Lunar 5, Hippies, D-Fenders en ander.

Ander kunstenaars wat ook deel vorm van die dokumentêr, sluit in: Maud Damons, Zayn Adams, Taliep Petersen, Doo wop, groepe soos die African Mills Brothers, The Rockets met Salie Daniels, langarmgroepe soos Alf Wylie, die Alpha Rhythms, Eoan sangers, Maleise koorgroepe en ander.

Jerry Watt van die Rockets

Haidee sluit af met ‘n toepaslike opmerking van die Rockets se legendaries kitaarspeler en sanger, Jerry Watt: “Wat ons ervaar het in die Kaapse musiek-omgewing kan nooit weer terugkeer nie… so koester die herinneringe”

 

‘n Organiese groenteboer se wenke

Organiese groenteboerdery is Koos van der Merwe van Green Elephant Organics se passie. Hy het as ekoloog en boer in Mosambiek begin, en vandag boer hy naby Rustenburg. Hy plant hoofsaaklik spinasie, blaarslaai en blomkool. Koos sê die grond op sy plaas bevat geen chemikalieë of kunsmis nie.

Tarkastad bied vroeg in Maart hulle landbouskou aan, en ons hoor by Hendrik Schoeman wat alles daar gebeur.

Ons gesels ook met Gawie van Heerden van Konsortium Merino oor hulle 102de veiling naby Gariepdam op 27 Februarie.

Mag lewensreg in ‘n aftree-oord beëindig word?

Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor lewensreg in ‘n aftree-oord, wat beëindig wil word.

Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse verduidelik wat gebeur wanneer iemand sterf sonder ‘n testament.

Marilie se reis met Bipolêre 2-versteuring

Marilie van der Merwe

Haidee Muller-Isaacs gesels met Marilie van der Merwe, ‘n jong en passievolle onderwyser en ma van twee dogtertjies. Sy is in September 2019 gediagnoseer met Bipolêre 2-versteuring, en is uiteindelik nou op ‘n plek waar sy haar reis met dié siekte wil deel om ander te inspireer, sodat hulle nie alleen voel nie.

Só kry stap-, bergfiets- en perdryroetes Groenvlagstatus

Die Walvisroete

‘n Ekotoerisme spesialis, Gerhardt van Greunen, praat oor oor die gradering van staproetes, bergfietsroetes en perderoetes. Strande kry Blouvlagstatus, en roetes kry Groenvlagstatus.

Deel van die Otterroete
Die Helderberg roete
Die Sederbergroete
Die Sederbergroete

 

Hoekom het die Arktiese See nou meer koolsuurgas as normaalweg?

Willie Koorts kyk na die geskiedenis van die twee baanbreker Marsvoertuie, Spirit en Opportunity.

Die varswaterriviere wat in die Arktiese See uitmond sodat die bo-laag van die see varswater bevat. Die Arktiese See word al meer suur.

Daar is nou vasgestel dat die Arktiese water meer koolsuurgas vrystel as normaalweg. Waarom gebeur dit? Wat is die implikasies? Lees meer oor die Arktiese See: https://en.wikipedia.org/wiki/Arctic_Ocean.

Die lae van die Arktiese See.

Die Diepruim-netwerk speel ‘n belangrike rol in kommunikasie met ruimtetuie. Die netwerk is geleë in die VSA, Australië en Spanje.

Daar is ‘n belangrike verandering aangebring aan een van die teleskope in die VSA.

https://facts.net/nature/universe/10-astonishing-facts-about-arctic-ocean/