Luister saans na ‘VLUG’ deur Wilna Adriaanse

Op 7 Maart kan luisteraars net na 21:10 inskakel vir ‘n splinternuwe laataandboekvoorlesing.

VLUG, geskryf deur Wilna Adriaanse, word voorgelees deur Joanie Combrink. Die regie is behartig deur Sophia van Taak.

Ons neem jou op reis na die DRK, waar die hoofkarakter, Milla Roux by ’n rehabilitasiesentrum vir sjimpansees werk.

Spoedig begin die skermutselings tussen regeringstroepe en rebelle-organisasies van die hele Kongo ’n gevaargebied maak, en kort voor lank is ook die rehabilitasiesentrum in die kruisvuur vasgevang. Saam met drie klein sjimpansee-wesies slaan ’n gewonde Milla op die vlug, vergesel van die enigmatiese Graham Saunders van die organisasie Dokters sonder grense.

Meer oor VLUG

Milla Roux is ’n veearts wat werk by ’n rehabilitasiesentrum vir sjimpansees in die DRK. Spoedig begin die skermutselings tussen regeringstroepe en rebelle-organisasies van die hele Kongo ’n gevaargebied maak, en kort voor lank is ook die rehabilitasiesentrum in die kruisvuur vasgevang. Saam met drie klein sjimpansee-wesies slaan ’n gewonde Milla op die vlug, vergesel van die enigmatiese Graham Saunders van die organisasie Dokters sonder grense.

Wilna Adriaanse deel haar inspirasie vir VLUG

Meer oor Wilna Adriaanse

Wilna Adriaanse

Wilna Adriaanse is op 19 Maart 1958 in die Kalahari gebore. Sy het op Worcester grootgeword en matrikuleer in 1976 aan Hoërskool Worcester. Sy verwerf daarna ’n BA en BA honneursgraad in Ontwikkelingsadministrasie aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy is in 1981 met Deon Adriaanse getroud. Hulle het vir drie en ’n half jaar in Giyani (Limpopo) gewoon voordat hulle weer in 1985 hulself in die Kaap gevestig het. Sy verdeel tans haar tyd tussen Botswana en die Boland.

Haar eerste boek, Die wingerd sal weer bot, verskyn in 2000 by Lapa-uitgewers onder die skrywersnaam Wilmine Burger. Haar bekendste boeke is Rebecca (2004), Met ander woorde (2006), Die boek van Ester (2008), Vier seisoene kind (2010) en Dubbelspel (2014). Sy het haar MA-graad in skeppende skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad voltooi, en daaruit spruit haar roman ‘n Klein lewe (2012). Sy verdeel tans haar tyd tussen Botswana en die Boland.
https://www.nb.co.za/af/authors?authorId=393

Het jy geweet?

Sy het om middernag op 31 Desember 1999 (in die Switserse Alpe) besluit om skryf haar Nuwejaarsvoorneme te maak. Sy het in 2000 begin skryf en haar eerste boek het in 2001 verskyn.

Bekronings
ATKV-Prys vir ‘n liefdesroman (2011) – Vier seisoene kind

Boeke steeds in druk

Dubbelspel (2014)
‘n Klein lewe (2012)
Wilna Adriaanse Omnibus 3, (2011)
Wilna Adriaanse Omnibus 2, (2010)
Vier seisoene kind, (2010)
Rebecca, (2010) (heruitgawe)
Die boek van Ester, (2008)
Met ander woorde, (heruitgawe) (2006)

Lys van publikasies

As Wilna Adriaanse:

Prosa
2001 ’n Ongewone belegging, Jasmyn
2002 Alleenvlug, Jasmyn
2003 Die reuk van verlange, Jasmyn
2004 Serenade vir ’n nagtegaal, Jasmyn
2004 Rebecca, Tafelberg
2005 Hande wat heel, Hartklop
2006 Met ander woorde, Tafelberg
2008 Die boek van Ester, Tafelberg
2010 Vier seisoene kind, Tafelberg
2012 ‘n Klein lewe, Tafelberg
2014 Dubbelspel

As Wilmine Burger:

2001 Die wingerd sal weer bot, Lapa
2002 ’n Heildronk op die liefde, Lapa
2002 Liefde is ’n kleur, Lapa
2004 Brug van woorde, Lapa

Uittreksels uit resensies

“Dit is ’n lekkerlees-boek van waarde. Goeie chick-lit soos ons dit in Afrikaans nodig het. Ideaal vir ’n Saterdagmiddag op die rusbank, voete in die lug en ’n glas wyn in die linkerhand.” – Ronel Nel oor Die boek van Ester, Beeld (2008)

 

 

 

 

Wes-Kaap maak geskiedenis in klimaatsbestuur

‘Begin van nuwe era in die behandeling van hartritme-defekte’

Só ontplooi die blomvormige kateterpunt in die linker-atrium presies waar die long-are in die atrium uitmond. Dit is waar die foutiewe impulse ontstaan wat tot die vinnige hartklop van atriale fibrillasie lei.

“Die begin van ‘n nuwe era in die behandeling van hartritme-defekte.” Só beskryf dr Razeen Gopal, internasionaal gerekende elektrofisioloog van Kaapstad, die nuutste metode om hartritme-defekte te behandel. Hy vertel hoe die eerste groep pasiënte met atriale fibrillasie wat op die Afrika-kontinent met elektroporasie oftewel pulsveld-ablasie behandel is, gevaar het in vergelyking met die bestaande aanvaarde metodes.

 

 

Mag kinders inmeng in hul bejaarde ouers se geldsake?

Igna Klynsmith bespreek ‘n vraag oor eksekuteursfooie, en ‘n geval waar kinders inmeng in hulle bejaarde ouers se geldsake.

Spesialisgas Peto Milton praat oor verskeie metodes vir besighede om kontraktuele geskille op te los.

Luister na gedigte oor herinneringe aan oorlede ma’s en pa’s

Die eerste aflewering in ’n reeks van twee programme oor herinneringe aan ma’s en pa’s wat nie meer met ons is nie. Ons digters het heelwat geskryf oor dié dinge, wat hulle graag nog vir hulle ouers wou sê, maar altyd versuim het om te doen. Daar is twéé voorlesers vir hierdie reeks, Pieter van Zyl én Jan Kruger.

Hoekom is ons appelkoosproduksie so laag?

RSG Landbou fokus op die potensiaal van die plaaslike appelkoosbedryf. Die aanvraag is groot, maar produksie laag. Michael Oosthuizen van International Plant Selection verskaf die redes hiervoor.
Geraasvlakke, ‘n korrekte werkstasie, en hitte en koue is van die faktore wat ‘n rol speel by beroepshigiëne. Fanie Strauss van Ebenaeser Environmental Consultants het by ‘n Agbiz/Agbiz Grain-werkswinkel hierop gefokus.
Willie van Heerden van Merino SA gesels oor wolveilings en die gemoedere van produsente.

Luister weer: Wuppertal se kosbare kultuurerfenis saamgevat in dokumentêr

WUPPERTAL: STAP VIR STAP DIE TOEKOMS IN deur Johan Rademan

“Die berggans het ’n veer laat val
van die hoogste krans by Woeperdal
my hart staan tuit al meer en meer
ek stuur vir jou die berggansveer
mits dese wil ek vir jou sê
hoe diep my liefde vir jou lê”    –    Boerneef

Ongetwyfeld een van die bekendste en mees getoonsette gedigte in Afrikaans, sluit die naam Wuppertal in. Die spelling is soms ook Wupperthal en soos in die streeksgebruik van Boerneef, Woeperdal.

Wupperthal,_deur_HC_Knudsen

Wuppertal is ‘n Rhynse sendingdorpie wat in 1830 gestig is deur  2 Rhynse sendelinge, Johann Gotlieb Leipoldt, die skrywer-dokter, C Louis Leipoldt se oupa en Theobald von Wurm.

In 1965 het die Rhynse sendingkerk hul werk begin afgeskaal in Suid-Afrika en het Wuppertal as Morawiese kerk bly voort bestaan en tot vandag toe is dit n Morawiese sendingstasie.

“vra gerus die Kouebokkevellers en die Klamwieljammers en Woeperdallers”   –   Boerneef

 Jy sukkel om daar te kom, maar die Pakhuispas met die kenmerkende gruispaadjie van Clanwilliam se kant af, gaan jou uiteindelik by die bekoorlike dorpie uitbring.

Bekoorlik, maar afgesny en vol ekonomiese uitdagings.

Die eens florerende Wuppertalvelskoene het al begin taan en die geweldige brand, diep in die Cederberge, op Oujaarsaand 2018, het bykans die hele dorpie verwoes.

‘n Reuse inspuiting van die Historiese Huise-stigting van die Rupert-familie het die dorpie weer aansien gegee met “vellies” uit die skoenfabriek, restaurantbedrywighede en gasteverblyf, MAAR alles nog steeds op kleinskaal, in ‘n hergeboorte fase, soos die kleinskaal boerderye in die omgewing.


Op die groot saaidag van die heelal
het reeds duskant Wupperthal
oor die kaal Noordweste
‘n sakkie van die Heer se beste
saad per ongeluk gelek, gelek en
uitgeval
DJ Opperman

Die blommeseisoen help in die Namakwaland en dit hou die sleutel tot ekonomiese oorlewing en vooruitgang in die streek. Wuppertal se buiteposte moet ook betrek word en is ook afhanklik van n meer konstante inkomste stroom. Die Rupert-fondse en Morawiese-kerk se bystand was enorm, maar nou moet daar ander potensiaal ontgin word.

Een van die volhoubare projekte waarmee die reisagentskap livethejourney die gemeenskap betrek en bemagtig is die unieke flora en fauna se benutting in die asemrowende berg-omgewing, waar die Wuppertallers en buiteposte ingespan word om roetes te ontwikkel, verblyf te verskaf en streekskos te maak soos roosterkoek en askoek, maar ook hul eiesoortige vermaak soos die blaasorkes, rieldansers en selfs geskiedkundige praatjies aan te bied oor hul kultuurryke dorpie.

Bergfietspaadjies en donkiekar ritte is ook in die visier en 4×4 groepe doen graag daar aan.

Die Nuwe Graskoue Trappers
Een van die unieke verkoopspunte is o.a. die rooivelskoendanse en kaalvoet stofopskop van die Nuwe Graskoue Trappers, n rieldansgroep wat al die Afrika Riel in Los Angeles in Amerika gaan vertoon het. In die winter van Suid-Afrika in 2015 het hulle 13 medaljes, waarvan 4 goud, losgeslaan met danse wat uit die Khoi en San tradisies ontstaan het.

Die kosbare kultuurerfenis word saamgevat in Johan Rademan se besoek aan Wuppertal met die RSG-mikrofoon in RSG se dokumentere program Wuppertal – stap vir stap die toekoms in.

Lees meer:

https://en.wikipedia.org/wiki/File:Wupperthal,_deur_HC_Knudsen.jpg

 

Die uitwerking van klimaatsverandering op die tafeldruifbedryf

‘n Nuwe uitbreking van Afrika-varkgriep is onlangs naby Groeneweide Park naby George aangemeld. Die gebied is onder kwarantyn geplaas.
Dr. Mike Wallace van Geografiese Inligtingstelsel in die Wes-Kaap vertel van die lug-en-grond-waarnemingsensus.
‘n Markplek vir landbou-insette is onlangs bekendgestel. Michael Prinsloo, voorheen van Overberg Agri, is aan die stuur daarvan. Hy praat oor die voordele hiervan vir boere.
Suzaan Smit, president van die Swellendam Landbouskou, vertel wat skougangers vanjaar kan verwag.
Francois Auret, ‘n landboukundige, bespreek die inhoud van sy MBA-navorsingstudie wat handel oor die uitwerking van klimaatsverandering op die Suid-Afrikaanse tafeldruifbedryf.