Die rol van die heuningby in landbou is enorm

Die rol en waarde van die heuningby was die fokus van ‘n opvoedkundige dag wat onlangs op die Vergelegen Wynlandgoed op Somerset-Wes aangebied is in samewerking met die WWF en byeboer, Louis van Niekerk.

Landbou die afgelope 100 jaar, is die onderwerp van ons gesprek met Schalk Geldenhys van AECI Plant Health. Hy onthou nog hoe sy oupa op ‘n sigaretboksie die plant-en spuitprogramme neergeskryf het.

Kan sonkrag SA red van beurtkrag op langtermyn?

Sonkragopwekkingsvermoë dra stadig maar seker by om die beurtkragkrisis in Suid-Afrika te verlig. Suid-Afrika het teen Junie vanjaar ‘n allemintige 5 000 Megawatt sonkragopwekkingsvermoë aangeteken.

Die hoeveelheid geregistreerde elektrisiteitsopwekkers (nie net sonkragopwekkers nie) staan op byna 1 500, wat ‘n gesametlike opwekkingsvermoë van sowat 7 500 Megawatt het.

Ons praat hieroor met Fauré van Schalkwyk, ‘n energiekenner van die Sonkragopleidingsentrum.

Luister Donderdagaand na ‘n dokumentêr “Wik en Weeg”: is elite skole beter vir jou kind se toekoms?

Luister Donderdagaand na die dokumentêr Wik en Weeg deur Eloïse Cupido oor hoe jy die beste skool wat jy kan bekostig vir jou kind kies, en die uitwerking daarvan op die kind se toekoms.

Wanneer jy die kans kry om bo jou omstandighede uit te styg, en ‘n beurs kry na ‘n baie beter skool in ‘n beter buurt, dorp of stad of kosskool, is dit werklik beter?

Baie mense  sal die kans met alle mag aangryp om aan hul kinders ‘n beter toekoms te kan gee. Soms kom dit in die vorm van ‘n barmhartige aanbod of ‘n geleentheid om met behulp van ‘n beurs, aan ‘n skool te kan studeer waar jy blootgestel word aan ‘n wêreld wat jou agtergrond tot op hede nie toelaat nie.

Daar is baie “onbekostigbare” skole, waar skoolfooie tot in die honderde duisende rand per jaar beloop(sommiges meer as van die voorste universiteite) met die belofte van eksklusiwiteit en toegang tot die netwerke en binnekringe wat “privilege”/om in hierdie bevoorregte kringe te beweeg, aan jou gee. Met hierdie netwerke wat van skooltyd af kom of selfs net die wete dat jy hierdie elite skool bygewoon het, kom met die onuitgesproke belofte dat dit, op die lange duur, vrugte sal afwerp en deure sal oopmaak na geleenthede wat jou andersins nie beskore sou wees nie.

Hoe gemaak as jy twee verskillende, opponerende wêrelde bewoon? Die een wat jou toekoms verseker of moontlik kan verbeter en die een waar al jou mense woon, wat geen idee het van wat jy doen, hoekom jy dit doen of die prys wat jy op geestelike, emosionele of finansiële vlak betaal om die ander wêreld te betree nie.

Eloise Cupido het met Michelle Diamond, eienaar van Chilli and Ice Counseling op die Wesrand en Uitvoerende hoof van Golden Score Judoskool sowel as Kyle, onderwyser en hokkieafrigter by ‘n hoërskool in Johannesburg  hieroor gesels.

Watter prys betaal die jong mens wat uitstyg en die familie wat “agterbly” vir hierdie vooruitgang?

 

Sluipmoorde op korrupsievegters in SA neem skerp toe

Sluipmoorde en sluipmoordpogings op mense wat korrupsie-ondersoeke in Suid-Afrika doen, het die afgelope paar jaar dramaties toegeneem.

Verlede week is ‘n advokaat wat betrokke is by ‘n ondersoek deur die Suid-Afrikaanse inkomstediens, Coreth Naudé, in Umlhanga in KwaZulu-Natal, vier keer geskiet. Daar was ook die sluipmoorde op Babita Deokaran, Cloete en Thomas Murray, Charl Kinnear en Zenzele Sithole – almal betrokke by korrupsie-ondersoeke. Die afgelope dekade het sluipmoorde in Suid-Afrika met ‘n 108% toegeneem.

Ons praat hieroor met die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee vir polisie, Ian Cameron.

Wat sê die jongste wetgewing oor landbou-chemie?

Wetgewing en regulasie met betrekking tot die gebruik van landbouchemie, verander gereeld. Hoe kan die produsent aanpas?

Volgens Jannie Strydom van Agri Wes-Kaap kan die sukses van landbou toegeskryf word aan ‘n produktiewe en effektiewe Departement van Landbou in dié provinsie.

Hurwitz Farming se jaarlikse Boran-produksieveiling op Davel bied vanjaar weer die Battle of the Brothers aan asook die Battle of the Siblings.

Die voordele van AGOA

Wolfe Braude verduidelik watter voordele die AGOA-ooreenkoms met die VSA vir Suid-Afrika inhou, en hoe deelname versterk kan word.

Dr. André van der Vyver van die SA Vereniging vir Graan- en Oliesadehandelaars praat oor die sojaboonbedryf. Chris Derksen is terug met hierdie week se vleispryse, en Johan van Berg gesels weersake.