Plante, kompos is Roja se lewe

Op ‘n perseel waar eers ‘n skool gebou sou word, het Roja van Sea Vista-township, ‘n kwekerytjie aan die gang gekry. Mariska Spoormaker loer in waar Roja die groen afval van St. Francisbaai se tuindienste verwelkom, want hy meng dit met beesmis om sy gesogte kompos te maak.

Die geheime van Mongolië

Mongolië is so groot soos Suid-Afrika en Namibië saam, met net 3 miljoen inwoners en 5 miljoen perde. Johan Rademan het met Jurgens Schoeman van Livethejourney tydens sy reis gesels.

Hoekom bly ‘n rollende wiel regop?

Hoekom bly ‘n wiel regop wanneer dit rol, maar nie as dit stilstaan nie? Moet ons bekommerd wees oor seeslange in ons oseane? Hoekom weeg ‘n trui meer as die bolle wol wat gebruik is om dit te brei?

Lambertsbaai se twee vrouepredikante

In Lambertsbaai is daar twee vrouepredikante aan die stuur van sake. Ds. Farren Cloete is van die VGK-gemeente en ds. Karla Smit is van die NG-gemeente. Hulle gesels oor werk en vriendskap.

Hoe moet onderwysers rassisme in skole hanteer?

Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon, dr. Juane van die Merwe en Reggie Govender oor rassisme in skole. Hulle praat oor wat skoolhoofde, onderwysers en ouers moet doen wanneer sulke voorvalle gerapporteer word sodat korrek hanteer word.

Luister Donderdagaand na ‘n argief-dokumentêr oor hoe vier ouers ‘n jong swart, Afrikaanse seun se lewe verander het

Dit verg ‘n gemeenskap om ‘n kind groot te maak. So het vier onwaarskynlike, maar ongelooflike mense, een kind ‘n wonderlike lewe gegee. Patrick Shabangu, gebore in 1987, is die kind van Emma Shabangu en Phillemon Magula van Moloto, en ook van Leen en Annemarie van der Bijl van Centurion.

Kom luister Donderdagaand net na 20:00 hoe een ma die nood in ‘n ander een se hart gesien het, en hoe een kind se lewe onherroeplik verander het.

Patrick se biologiese ouers het vir die Van der Bijl-gesin as huishulp en tuinman gewerk toe Patrick se ma in 1987 swanger word met hom.

In 1994, tydens die eerste demokratiese verkiesing van Suid-Afrika, word Patrick die eerste swart kind wat in Elarduspark Laerskool in Pretoria ingeskryf word. Selfs al was daar negatiewe kommentaar, opmerkings en selfs ouers wat hulle kinders uit die kleuterskool gehaal het toe Patrick daar was, was Patrick as kind salig onbewus en (soos hy dit noem) vreeslik beskermd groot gemaak. Hy was ‘n swart, Afrikaanse kind wat vier ouers gehad het wat alles in hulle vermoë gedoen het om hom gelukkig en veilig te hou en bo alles net lief te wees vir hom.

In die dokumentêr, wat oorspronklik in 2017 opgeneem is, kuier Christelle van Tonder saam met Patrick in Moloto by sy ma Emma, en ook in Centurion by sy ma en pa, Leen en Annemarie, en vertel Patrick en sy ouers in hulle eie woorde oor hoe hulle saam gewerk het om ‘n kind in twee wêrelde groot te maak. Patrick deel van die innerlike stryd, die aanvaarding en die ongelooflike liefde wat hy vir al vier sy ouers het.

Sewe jaar later raak Patrick se storie steeds mense se harte aan. Luister na die heruitsending van die dokumentêr Jonk, swart en Afrikaans deur Christelle van Tonder, wat in 2017 deur die ATKV Media-veertjies bekroon is vir beste dokumentêr.

Patrick se biologiese ma Emma Shabangu, is in 2018 oorlede. Ons dra die dokumentêr van haar seun aan haar op.

 

Die mag van visualisering

Professionele atlete visualiseer elke beweging vooraf om sukses te bereik. Hoe kan ek hierdie  proses toepas om sukses in my eie lewe te bereik? Ons kyk na die mag van visualisering.

“Mag Marolien se dood nie tevergeefs wees nie”

‘n Jaar nadat die Baai se geliefde pienk fisioterapeut, Marolien Schmidt, op Vrouedag in haar huis vermoor is, praat haar ma, Sineke Schmidt, met Mariska Spoormaker oor die tragiese voorval en die verandering wat sy hoop Vrouedag kan bring om die Suid-Afrikaanse vrou veilig te laat voel.

Elsa se waterbuffels

Elsa Basson word die buffel-momager genoem by die Zandam Cheese kaasplaas naby Durbanville. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs van die trop waterbuffels wat soos haar kinders is. Elkeen het sy eie persoonlikheid en manier van liefde betoon.

Kan ‘n plakker jou stamselle verander?

 

Kan ‘n plakker jou stamselle verander én jou jonger maak, gewig laat verloor en jou reumatoïede artritis genees? En dit het onder ons aandag gekom dat nagemaakte Ozempic op die swartmark deur gim-instrukteurs verkoop word.