Meer as 320 skrynwerkers binne 2 jr by klein handwerkskool opgelei

Brandt Bester is ‘n vaardige skrynwerker wat glo aan die bevordering van vakmanskap. Hy het twee jaar gelede ‘n handwerkskool begin, en intussen is daar al meer as 320 studente opgelei van oral oor in die land. Haidee Muller-Isaacs het by sy werkswinkel gaan inloer.

Ken en voorkom beesbrusselose só

Beesbrusellose, of aansteeklike misgeboorte, word deur bakterieë veroorsaak. Dié veesiekte is endemies tot Suid-Afrika, en word deur die staat beheer. Dr. Marinette Bothma van MSD Dieregesondheid praat oor die siektetekens en voorkoming.

Tydens vanjaar se Agri Wes-Kaap-kongres is lede van die SAPD en ander rolspelers vereer vir hulle bydrae tot die bekamping van misdaad.

Johan Pretorius van die Mpumalanga/Gauteng Beefmasterklub vertel van hulle veiling op 11 September by The Bull Ring naby Davel.

 

Hoe affekteer ouers se leierskapstyl hul kinders?

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige dr. Elzette Fritz oor die rol wat leierskap in ‘n gesin in kinders se geestesgesondheid speel. Wat is die impak wat die blootstelling aan ‘n spesifieke leierskapstyl in die kinderjare kan hê op die latere volwassene?

Waar pas omgewingsbestuur in by landbou?

Die belang van omgewingsreg en -bestuur vergroot namate omgewingskwessies dringender raak. Hierdie onderwerp was onder bespreking by Agbiz Grain se SHEQ-virtuele werksessie, wat fokus op beroepsgesondheid en veiligheid in die werksplek. Nampo Kaap is nog ‘n vertoonvenster vir lede van die landbouwaardeketting. André Olwagen van CASE IH en Daniel Dames van NMI praat oor die waarde van so ‘n skou.

Nuwe boek oor vernietigende gevolge van kaderontplooiing

Die ANC se obsessie met kaderontplooiing het Suid-Afrika tot op die rand van totale ineenstorting gebring. In sy jongste boek, SUPER CADRES, ontbloot Pieter du Toit hoe oudpresidente Nelson Mandela en Thabo Mbeki die grondslag vir kaderontplooiing en staatskaping gelê het, Jacob Zuma dit uitgebuit het en Cyril Ramaphosa net so skuldig is. Pieter is die assistentredakteur van News24 en skrywer van die boeke THE STELLENBOSCH MAFIA en THE ANC BILLIONAIRES.

Paralimpiese medaljewenner Louzanne Coetzee gesels uit Parys met RSG

Sy het Maandag Suid-Afrika se tweede medalje by die Paralimpiese Spele in Parys verower, toe sy die bronsmedalje in die 1 500 meter in die T11-klas gewen het. Louzanne Coetzee het nie net die medalje gewen nie, maar ook ‘n persoonlike beste tyd gehardloop én dit vinniger as die vorige Paralimpiese rekord gedoen. Die T11-kategorie is vir atlete met geen sig en geen ligpersepsie nie. Louzanne sluit al die pad uit Frankryk by ons aan.

 

Luister weer: As twee saam loop : Carel Trichardt en Petru Wessels

Luister weer na As twee saam loop word. Dié dokumentêr is saamgestel en word aangebied deur Ina Strydom.

Carel en Petru is al baie male vereer.

In die dokumentêr As twee saam loop, val die fokus op enkele aspekte van hulle lewe en loopbaan – enkele krale in die halssnoer van Petru en Carel se lewens.  Hulle vertel wat nodig is om só lank in die moeilike teaterbedryf met mekaar getroud te bly; hulle praat oor die belangrikheid van stories en hoe hulle oor die ouderdom voel; hulle noem enkele hoogtepunte; en hulle vertel waarom “the show must go on”…

 

Ina skryf:

‘Dit is ‘n onbegonne taak om die lewens en werk van dié ikoniese teaterpaar in die bestek van ‘n enkele program van 25 minute te vervat.

Hulle is immers ses dekades in die bedryf, en ook ses dekades met mekaar getroud.

Hulle het vir die kunsterade gewerk, die begindae van televisie beleef, in rolprente gespeel en radiowerk gedoen.

Op hul troudag

Tussendeur het hulle drie kinders grootgemaak, en Carel vas die hoof van die Dramadepartement by die Universiteit van Pretoria.

Vir albei hou die verhoog ‘n besondere plek in hulle harte, maar was ewe toegewyd aan elke rol wat hulle vertolk het – ongeag die medium. Hulle sê ook dat daar in elke medium die uitdagings én die voordele is.

Carel en Petru met hul nuwe aankomeling

Sowel Carel as Petru het klassieke rolle op die verhoog vertolk, en in die radioargief is  daar ook vele opnames van klassieke werke wat vir die Afrikaanse radiodiens, RSG se voorganger, opgevoer is.

Om maar enkeles te noem:  Hendrik Ibsen se Hedda Gabler; Speelgoed van Glas van Tennesee Williams, Die Pluimsaad waai ver, van NP van Wyk Louw, en Die Orkaan, ‘n Afrikaanse vertaling  van Shakespeare se The Tempest.

Daar is ook talle, talle rolprente en televisieproduksies; en hulle was en is steeds, gewilde voorlesers van poësie en prosa.’

Die akteurspaar het in talle radiodrams gespeel. 26 Junie 2018. Waar is Tomas? se rolverdeling – Van links is Jumaine Hansen, Dean Balie, Frieda van den Heever, André Weideman, Lise-Marie Richardson, Carel Trichardt en Petru Wessels. Voor is Tarryn Wijngaard, Margot Luyt (regisseur) en Cassi Lowers (tegniese en akoestiese regisseur).

 

 

Het SA beheer oor dieresiektes?

 

Die derde Overberg Herkouerdag wat by die Roodebloem-proefplaas naby Caledon aangebied is, is deur meer as 350 mense bygewoon. Die bestuurder van die proefplaas, Francois du Toit, gee terugvoer. Stefan Erasmus, ‘n merino-boer van Middelburg in die Oos-Kaap, beantwoord die vraag of intensiewe lamstelsels nog winsgewend is. Ons hoor wat dr. Liezel Wasserman, ‘n veearts van Clocolan, sê oor die beheer van dieresiektes in Suid-Afrika. Die wolseisoen het verlede week geopen, en Heinrich Victor vertel wat by die veilings gebeur het.