Is daar iets soos deurskynende wolke?

Is daar iets soos deurskynende wolke, en hoe weet ons hulle is dan wel daar?

Is dit waar dat die Franse so baie paddas eet? Indien wel, wat is die voedingswaarde, en staan die paddas nie ‘n kans om uit te sterf nie?

 

Die daglig-meteoor wat Oos-Kaap geskud het

Jim Adams en Prof. Matie Hoffman praat oor die groot gebeurtenis toe ’n dagligmeteoor die Oos-Kaap geskud het.

Daar is uiteindelik ’n besluit geneem oor die twee gestrande ruimtevaarders op die Internasionale Ruimtestasie, en ons kyk met groot afwagting na die Polaris Dawn-sending se rits eerstes vir private ruimtevaart.

Vind meer uit oor dié nuwe boeke

SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gesels oor die volgende boeke: Die onsigbare deur PJO Jonker; As klippe kon praat deur Connie Luyt; Foto’s en fairylights deur AnMari do Carmio;  Kinderlê deur Lynthia Julius; Prune like a pro deur Anton Roux en SAPPI Tree spotting-reeks; Prescription: Ice Cream deur Allister McAlpine; Wake up, this is Joburg deur Tanya Zack en Mark Lewis; Wat sê Bettina? deur Bettina Wyngaardt.

AJ Opperman vertel van Wilma Stockenström, wat in Augustus 91 jaar oud geword het.

In Johan Myburg se insetsels uit die internasionale boekewêreld kan meer uitvind oor vier nuwe oudioboeke, Peggy, ‘n roman geskoei op die lewe van Marguerite Guggenheim, en Salley Rooney se nuwe roman Intermezzo.

Jy kan ook uitvind wie vanjaar se ATKV-Woordveertjiefinaliste is.

In die bonusdeel van hierdie potgooi kan jy luister na ‘n dokumentêr wat Ina Strydom saamgestel het vir Wilma Stockenström se 85e verjaarsdag.

Het die Regering werklik planne om die misdaad-epidemie hok te slaan?

Ná die bekendmaking van die misdaadstatistiek deur die minister van polisie, Senzo Mchunu, het die parlementêre portefeuljekomitee vir polisie, die jongste statistiek bespreek. Die minister het in die parlement gesê die polisie moet misdadigers skiet wat nie in hegtenis geneem kan word nie.

Ons praat hieroor met die voorsitter van die polisie-portefeuljekomitee, Ian Cameron.

Hoekom vry China so hard na Afrika?

Die Forum vir China-Afrika-samewerking loop vandag in China ten einde. Die Chinese president, Xi Jinping, het die rooi tapyt behoorlik vir meer as 50 Afrika-leiers uitgerol, waaronder president Cyril Ramaphosa. Die duisend miljoen dollar gordel-en-pad-inisiatief in Afrika, beteken talle Afrika-lande maak van Chinese kapitaal gebruik. China is ook Suid-Afrika se grootste handelsvennoot. Ons praat hieroor met dr. Roelof Botha, ekonoom en raadgewer van die Optimum-beleggingsgroep.

Luister Donderdagaand na ‘Vlug, na waar?’ oor vlugtelinge

Luister Donderdagaand net na 20:00 na Vlug, na waar? deur Martelize Brink.

Hierdie dokumentêr gee plaaslike perspektief met verwysing na die internasionale konteks. Die fokus is op nternasionale en plaaslike politiek, gemeenskapsorganisasies en op die ou end die mens wat moes vlug. Hoe hervestig hulle hulself soms binne ‘n land waar hulle nie enige van die gebruiks tale kan praat nie?

Agtergrond-inligting

Daar is tans ‘n reuse agterstand van asielaansoeke wat wag om in Suid-Afrika verwerk te word.

Hoekom word mense gedwing om hul lande van herkoms te verlaat?

Wat is die wêreldwye stand van vlugtelinge en hoe word vlugtelinge van verskillende lande verskillend behandel of verwelkom?

Watter rol speel Suid-Afrika in die ontvangs van vlugtelinge? Wie kwalifiseer? Wie dra die koste van hierdie verplaasde mense?

Hoe hanteer maatskaplike werkers in Suid-Afrika die moeilike taak om vlugtelinge te verwerk en deur hul geweldige trauma te help wat hulle soms in lande van herkoms ervaar het?

Volgens die 2024 Witskrif, vanaf Desember 2023, is die syfers 113 007 vir vlugtelinge wat die vlugtelingstatus toegestaan ​​is en 81 086 aktiewe asielsoekers en 828 404 onaktiewe asielsoekers. Die onaktiewe asielsoekers verwys na diegene aan wie asielpermitte uitgereik is en later in die niet verdwyn het.

Hulle het nie hul permitte hernu nie en die DHA het geen idee waar hulle is nie. Dus is dit ‘n totaal van 1 334 174 asielsoekers en vlugtelinge in Suid-Afrika. Die syfer van onaktiewe asielsoekers word egter deur burgerlike samelewings betwis, volgensAdvokaat in die hooggeregshof, Dr Callixte Kavuro bied in die dokumentêr konteks van vlugtelinge wêreldwyd en in Suid-Afrika.

Sprekers in die dokumentêr sluit die volgende gaste in Leon Schreiber, Minister van Binnelandse Sake, Andre Putter, maatskaplike werker van die Scalabrini Sentrum in Kaapstad, Marguerite Holtzhauzen – uitvoerende direkteur en senior maatskaplike werker van die Trauma Sentrum. The Trauma centre for survivors of violence and torture, maatskaplike werker by die Adonis Musati-projek Neva Smith en ‘n vlugteling.

Statistiek van vlugteling asielsoekers wêreldwyd:

  1. Eritrea: Vanaf middel 2023 is meer as 537 000 Eritreeërs – byna 15% van die land se bevolking – na die buiteland verplaas as gevolg van voortdurende geweld en politieke onstabiliteit.
  2. Sentraal-Afrikaanse Republiek: Meer as 750 000 Sentraal-Afrikaners is in 2023 as vlugtelinge geregistreer — met duisende meer wat intern verplaas is
  3. Somalië: Sy uitgerekte siklus van krisis het weereens gelei tot ‘n toename in vlugtelinge met meer as 814 000 vanaf middel-2023.
  4. DRK: Deur vlugtelinge en GOP’s te kombineer, is sy verplasingsgetalle die hoogste in Afrika, met 6,1 miljoen mense wat ontheem is. Hierdie syfer sluit 1 miljoen vlugtelinge in wat asiel soek buite die DRK.
  5. Soedan : Aan die einde van 2022 was ongeveer 844 000 vlugtelinge regoor die wêreld Soedanese.
  6. Bangladesj: meer as 1 miljoen staatlose Rohingia het voortgesette geweld in Mianmar se Rakhine-staat gevlug.
  7. Suid-Soedan: Meer as 4 miljoen Suid-Soedanese is uit hul huise gedwing, met 2,2 miljoen van diegene wat die land heeltemal moes verlaat.
  8. Oekraïne: In Februarie 2022 het konflik in die Oekraïne die afgelope twee jaar meer as 5,8 miljoen vlugtelinge verplaas.
  9. Afghanistan: meer as 6,1 miljoen Afghane is internasionaal ontheem – grootliks in die buurland Pakistan en Iran.
  10. Sylia: Vanaf middel 2023 het 6,49 miljoen Siriërs skuiling gesoek, hoofsaaklik in Libanon, Jordanië, Irak, Egipte en Türkiye

Wie mag besluit waar en wanneer ‘n geliefde begrawe mag word

Igna Klynsmith bespreek sake wat handel oor siviele eise teen die staat.

Hy praat ook oor die nuwe Ombudsraad vir Finansiële Diensverskaffers se nuwe reëls.

Spesialisgas Est-marié McCallahan praat oor wie die reg het om ‘n geliefde te begrawe; wie besluite mag maak oor waar, wanneer en hoe iemand begrawe mag word.

Psigiatrie en Tegnologie; Skermverslawing; ADHD in agtergeblewe gemeenskappe

Meer as 700 kinders uit agtergeblewe gemeenskappe in Wes-Kaap se ADHD is opgespoor en die kinders kan gehelp word danksy die werk van die Goldilocks and the Bear Foundation, het in ‘n onderhoud met prof Renata Schoeman, psigiater en stigter van dié program en ook hoof van Leierskap in Gesondheidsorg aan die US se Sakeskool, aan die lig gekom.  Sy is na Australië genooi om meer te vertel oor dié program.

Prof Schoeman deel in Gesondheid op RSG meer oor dié program, en vertel ook meer oor die voor- en nadele van tegnologie in psigiatrie en geestesgesondheid. Watter soort toeps is nuttig en wat is nadelig as net 3% van die geestesgesondheid-inligting op Tik Tok?

 

Hoe kan tegnologie help in die opsporing en behandeling van psigiatriese probleme? Hoe gemaak as net 3% van die geestesgesondheidsinligting op TikTok korrek is? En hoe het private inisiatief in die Wes-Kaap gehelp om honderde kinders uit agtergeblewe gemeenskappe se ADHD te diagnoseer, soveel so dat Australië lesse hieruit wil leer?

Sy vertel ook hoe enige lid van die publiek ‘n rol kan speel om meer kinders met ADHD te help:

 

Hier is die kontakbesonderhede:

Besoek die Goldilocks and the Bear Foundation se webwerf vir inligting oor ADHD, kursusse vir ouers en meer.