Prof. Francois Engelbrecht praat oor die impak van osoonverdunning op die weerprosesse.
Maandagkuier met Kobus Wiese
Oudspringbok Kobus Wiese kuier by Willem Pelser in die Spitstydateljee.
Miljarde word in die eerste 3 weke van die tweepotpensioenstelsel onttrek
Stian de Witt, hoof van finansiële beplanning by NMG Financial Planning gesels oor die tweepot-aftreestelsel, en die mense wat hulle geld daar onttrek.
SAUK se finansiële posisie en sakemodelle
Die nuwe SAUK-raad is sowat ‘n jaar en ‘n half gelede aangestel, en dit wil voorkom of hernude pogings aangewend word om die finansiële posisie van die korporasie te verbeter. Gesprekke is al gevoer oor verskeie sakemodelle en verskillende inkomstestrome. Mediahuise wêreldwyd het die afgelope tien jaar beduidende strategiese aanpassings gemaak om die veranderende medialandskap te akkommodeer.
Ons hoor by die minister van kommunikasie en digitale tegnologie, Solly Malatsi, wat sy benadering tot die SAUK is.
Landbou: Hoe vorder Noord-Kaap se ontwikkelingsplan?
Die Noord-Kaap se regering het in 2019 ‘n ontwikkelingsplan bekendgestel. Agri Noord-Kaap is tans by 23 projekte betrokke. Dirk Krapohl het by hulle onlangse kongres op Kimberley hieroor gepraat.
By dieselfde geleentheid was Janse Rabie van Agri SA een van die sprekers. Ons hoor wat hy oor waterkwessies gesê het.
AG Gene Bonsmara van die Vrede-omgewing hou op 12 September hulle volgende produksieveiling.
Regsake: Emosies kan egskeiding baie moeilik maak
Igna Klynsmith bespreek die gebruik van hommeltuie in hengel. Familieregkenner Riëtte Oosthuizen praat oor hoe emosies ‘n rol speel tydens egskeiding.
Een baksel beskuit en jy is dalk ‘n prys van ‘n halfmiljoen rand ryker
RSG en Virseker stel op Erfenisdag Bakgat bekend – ‘n splinternuwe kompetisie en soektog om die beste beskuit in ons land te vind.
Boeretroos en beskuit is soos vinkel en koljander. En vanaf Dinsdag 24 September kry luisteraars die geleentheid om hul tuisgebakte beskuit aan RSG te stuur en moontlik met die steun van RSG en Virseker hul eie tuisonderneming te begin.
Die prys, wat sowat R460 000 werd is, sluit in:
- R20 000 in kontant geborg deur Virseker
- R350 000 se lugtyd op RSG
- Mentorskap deur Andriëtte de la Harpe, eienaar van die onderneming Mondvol, wat ook naaswenner was in MasterChef Suid-Afrika se Vierde Seisoen; asook
- Die ontwikkeling van jou onderneming se korporatiewe identiteit.
Die wenners van die tweede en derde plek ontvang ook elk R10000 vanaf Virseker.
“Ons is vreeslik opgewonde om Bakgat saam met Virseker aan te pak,” sê Louise Jooste, RSG se sakebestuurder.
“Beskuit is sinoniem met Afrikaans, die Suid-Afrikaanse kultuurbelewenis én ons erfenis. Dit was vir RSG ‘n maklike besluit om hierdie kompetisie te omarm, wat die wegspringplek gaan wees vir iemand wat graag sy of haar eie onderneming wil begin, maar nog nooit die geleentheid gehad het nie.”
RSG en Bakgat is nie net op soek na tradisionele beskuit nie, maar daardie baksels wat spreek van innovering, nuwe geure en ook eg Suid-Afrikaans is. Individue kan inskryf, maar ook mikro-ondernemings (wat minder as vier werknemers het en minder as R500 000 se inkomste per jaar genereer). Jy moet wel ouer as 18 jaar wees en in Suid-Afrika woon.
“Die veldtog spreek tot ons harte, want ons voel Virseker en Afrikaans gaan hand aan hand soos koffie en beskuit. Ons voel ook RSG deel ons liefde en opwinding vir Afrikaans. So, om hande te vat met RSG met ‘n projek soos dié waar ons Afrikaans-wees vier en die gemeenskap deel maak van die projek is vir ons ‘n geleentheid wat ons eenvoudig net nie van die hand kon wys nie,” sê Johanni Jennings, Virseker se hoof van bemarking.

Andriëtte de la Harpe van Mondvol gaan die wenner touwys maak en haar kennis rakende dié bedryf deel. Mondvol is Andriëtte se bakonderneming wat sy begin het nadat sy tweede gekom het in Masterchef Suid-Afrika se vierde seisoen. “Die pad van ‘n entrepreneur kan baie alleen en moeilik wees.
“Ek is so opgewonde om deel te kan wees van Bakgat sodat ek die kennis wat ek deur die jare opgedoen het, kan deel met iemand wat net so passievol is oor sy of haar eie onderneming, soos wat ek is.”
Andriëtte se mentorskap sal onder meer insluit: bemarking op sosiale media, toegang tot haar netwerk van sakemense en kenners, die bou van ‘n aanlynonderneming, ‘n veldtog op sosiale media en afrigtingsessies.
So, hoe skryf jy in?
- Bak een baksel beskuit van 24 stukkies
- Laai die inskryfvorm af: Bakgat Inskrywingsvorm
- Vul die inskryfvorm in, en stuur dit saam met jou beskuit as jy dit vir ons koerier (maak seker jy verpak jou beskuit mooi sodat dit nie breek nie)
- Maak seker jou beskuit bereik RSG in Auckland Park Johannesburg teen 15 Oktober 2024
- Jy kan dit ook persoonlik by ons kom aflewer in Johannesburg; stuur net 2 werksdae voor die tyd vir ons ‘n e-pos by amores@rsg.co.za
Vanaf 21 tot 25 Oktober vind die uitdunrondes plaas, wanneer RSG se omroepers en Virseker gaan smul. Op 30 Oktober word die wenner aangekondig tydens ‘n regstreekse uitsending vanaf die Virseker-kantore in Johannesburg.
Die inskryfvorm, bepalings en voorwaardes en alle ander inligting is te kry by rsg.co.za asook op al RSG se sosiale media platforms. Klik op die skakel en druk hierdie vorm uit om in te skryf: Bakgat Inskrywingsvorm
Skakel jou oond aan – ons monde water reeds!
Luister na die bekendstelling en gesprekke oor die nuwe kompetisie
Bakgat-beskuit: Byna R500 000 se pryse te wen
September is Erfenismaand, en RSG en Virseker skop af met ‘n watertand-veldtog en kompetisie met die naam, Bakgat! Dis is ’n bakkompetisie, en ons gaan die beste beskuit in die land beloon met pryse ter waarde van byna ‘n halfmiljoen rand! So as jy van beskuitbak hou, of nog altyd ‘n baksel beskuit wóú bak… nou is die tyd.
Om ons meer van Bakgat te vertel, sluit Amoré Swanepoel, RSG se bemarkingsbestuurder, Masterchef SA Seisoen 4 se naaswenner, Andriëtte de la Harpe wat die wenner se mentor sal wees, en die bemarkingshoof van Virseker, Johanni Jennings, by ons aan.
En sommer vir die pret:
Luister weer: ‘n Herbesoek van die Zephany Nurse verhaal
Luister Donderdagaand net na agtuur na die verhaal van Zephany Nurse, ‘n dokumentêr saamgestel deur Heindrich Wyngaard.
OP SOEK NA LEVONA: DIE ZEPHANY NURSE-VERHAAL deur Heindrich Wyngaard
Heindrich Wyngaard herbesoek die Zephany Nurse-verhaal. Sy is in 1997 as ‘n drie dae oue baba uit die hospitaal gesteel, en is in 2015 as ‘n matrikulant met haar biologiese ouers herenig. Haar steelma is in 2016 tot tien jaar tronkstraf gevonnis, en is ‘n jaar gelede op parool vrygelaat. Heindrich het in 2015 die eerste boek oor die gebeure geskryf, A HOME FOR ZEPHANY (Naledi Uitgewers). Hy het oor die jare met Zephany in verbinding gebly. In hierdie dokumentêr praat hy met haar, asook met Rachel Waterloo (‘n oudkollega van Levona Solomon) en die joernalis Kevin-John Brand.
Heindrich skryf:

Om die Zephany Nurse-verhaal ná soveel jare te herbesoek en vir RSG se luisteraars te verpak, was ‘n absolute wonderlike ervaring – spesifiek omdat ek reeds van 2015 met die verhaal aankom.
Selfs al kon ek nie die ontvoering in 1997 van klein Zephany, toe net drie dae oud, onthou nie, het ek met haar ongelooflike hereniging met haar biologiese ouers in 2015 onmiddellik die omvang daarvan besef. Dit was oor die mengelmoes van menslike emosies wat ter sprake was: Trane, hartseer en blydskap; ongeloof; veroordeling en vergifnis; en empatie.
Ses maande later het Johan Coetzee by Naledi my boek “A Home for Zephany” uitgegee (en dit in 2016 en 2017 herdruk). Hiervoor het ek al wat ‘n nuusberig, radio-opname en beeldmateriaal oor die gebeure sedert 1997 gelees, na geluister en gekyk om die legkaart saam te stel. Ek het ook die hofsaak bygewoon en was daar toe Levona Solomon tot tien jaar tronkstraf gevonnis is vir die ontvoering van haar grootmaakkind.
Oor die jare het ek ook naby aan die storie gebly deur my persoonlike kontak met Zephany, wat steeds haar doopnaam Miché gebruik, afgelei van haar grootmaakpa, Michael se naam. Dit sou ewe maklik, as ‘n mens nou daaraan dink, ook van haar biologiese pa, Morné se naam afgelei kon wees – of selfs ‘n samevoeging van die twee pa’s se name.
‘n Mens kon jouself nie ‘n mooier gebaar voorstel toe sy met haar troue met Jayson Sheldon in Maart verlede jaar albei haar pa’s gevra het om haar na die kansel te vergesel nie: Michael die eerste deel, Morné die tweede.
Ongelukkig het ek nie vir die dokumentêr met die Nurse-familie in aanraking kon kom nie. Levona Solomon mag natuurlik ingevolge haar paroolvoorwaardes nie self praat nie en Michael het my versoek vir ‘n onderhoud vriendelik van die hand gewys. Hy het ook nuwe liefde gevind.
Wat ‘n mens egter agterkom, is dat Miché se verhouding met haar biologiese ouers nog skaafwerk vereis en die band met Levona is ook nog nie herstel nie. Soos Michael, het Miché egter vir lank ondersteunend teenoor Levona opgetree – totdat sy vir haar paroolaansoek ‘n bekentenis gemaak het dat sy wel die kind gesteel het. Nou bring sy haar dae by die huis in Gladiolastraat in Seawinds, Lavender Hill, in die afwesigheid van haar vervreemde man … en vervreemde grootmaakdogter.
Miskien vertel sy op ‘n dag haar eie verhaal; en ek sal voor in die ry staan om dit op te teken.
Alles oor die nuwe knievervangingstegniek
Die groot gonswoord in knievervangings is ‘medial pivoting’ kinematiese belyning. Wat is dit? Is dit beter as ander soorte knievervangings? Hoekom is dit beter?




Luister wat enkele pasiënte na die soort knievervangings sê:
Lilian 3 dae ná haar knievervanging:
Lilian twee weke na haar knievervanging
Mnr Strauss een dag na knievervanging
Mnr Strauss drie dae na knievervanging
Mev Stephens – 3 dae post-op
Mev van Niekerk, 1 dag post op met lokale verdowing
Pasiént vier weke ná knievervanging
Vroulike pasiënt 3
Mnr Smith ses weke na knievervanging
Mnr Bennett 4 weke post op
Manlike pasiënt 2 weke ná knievervanging
Manlike pasiënt
Manlike pasiënt twee weke ná vervanging
Só het Eskom-tariewe die laaste 30 jr toegeneem
Antoinette Slabbert, senior verslaggewer by Rapport gesels oor elektrisiteitstariewe.