Hoe hanteer my brein dit as God vir my, wat in Hom glo, slegte dinge laat ervaar?
Wat is ‘n newel?
Lafras Smit praat oo die hoogtepunte van Oktober se hemelruim. Ons luister na ’n paneelbespreking wat vroeër vanjaar by die Vrystaat Kunstefees opgeneem is, waar ons gesels het oor robotiese teleskope en gamma-knalle. In Ruimteraai verduidelik Lafras wat newels is.
Korttermyn-gebruik van Ketamien kan lewens red; maar langtermyn gebruik van ketamien kan lewens verwoes
Ketamien kan lewens red, maar dit kan ook lewens verwoes. Indien dit in die regte dosis onder ‘n psigiater se toesig as kortstondige noodbehandeling vir behandelingsweerstandige depressie gegee word, kan dit ‘n lewe verander en red. Maar om dit op aanvraag by klinieke en op die swartmark te gebruik, lei tot verslawing met ernstige gevolge.
‘Pure Poerring’ is terug met ‘n sousie
Pure Poerring, RSG se Sondagmiddag musiekreeks was so gewild dat besluit is om hierdie reeks te verleng tot einde-Desember vanjaar.
Hierdie reeks bestaan uit ligte klassieke instrumentale musiek asook musiek uit die “crossover” genres.
Pure Poerring kry egter in die opvolgreeks ‘n sousie by in die vorm van sang. Ja, waar Pure Poerring tot nou toe eintlik ‘n instrumentale musiekprogram was, gaan jy nou hier en daar musiek hoor met sang of agtergrondstemme of selfs ‘n koor by.
Luisteraars sal in die tweede reeks onder andere kan luister na die 2014 Eurovision-liedjiekompetisiewenner, Conchita Wurst met Rise like a Phoenix
en ook Don’t You Know, ‘n 1959 treffer vir Della Reese. Hierdie lied is gegrond op Muzetta se Wals uit Puccini se La Bohème-opera.
Barry Manilow se Could It Be Magic
is gegrond op Chopin se Prelude in c mineur, Opus 28 Nr 20.
Die Engelse sopraan, Lesley Garrett se besondere vertolking van Michel Legrand se I will wait for You is ook te hoor.
So-ook die Mormoonse Tabernakelkoor vergesel van ‘n simfonie-orkes in ‘n besondere swing vertolking van die African-American Spiritual, Swing Low Sweet Chariot sal ook gehoor kan word.
Die kern van die Pure Poerring -tweede reeks sal egter steeds instrumentale ligte klassiekemusiek en verskeie instrumentale crossover– en jazz-verwerkings soos in die eerste reeks bly.
Vir nog ‘n skeppie van die heerlike musikale poerring na afloop van ‘n luilekker Sondagmiddag noenmaal, skakel Sondaemiddae om 14:00 in.
Pure Poerring word aangebied deur Elsje van Jaarsveld met musiekregisseur en programsamesteller Ilse Schürmann en produksieregisseur Wihann Nel.
Waar staan swem in Suid-Afrika? Swemafrigter Rocco Meiring vertel
Swemafrigter Rocco Meiring vertel vir Martelize Brink van swem in Suid-Afrika. Verskeie Olimpiese swemmers, onder andere Tatjana Smith, Kaylene Corbett en Erin Gallagher, word deur hom afgerig.
Wat is allulose?
Dieetkundige Saskia Zietsman vertel van allulose se plek tussen al die suikervervangers en versoeters.
Die jongste oor rouwater-besproeiing in Noord-Kaap
Talle besproeiingsboere in die Noord-Kaap moet rouwater vir hulle boerderye gebruik. Die nuwe prysstrategie vir rouwater is onlangs gepubliseer, en daarmee saam die veranderinge vir die volgende tydperk. Hannes de Wet van Agri Noord-Kaap beantwoord ‘n paar vrae hieroor.
Ons praat met Abi Messelaar van die National African Farmers Union in die Noord-Kaap. Hulle het in 2022 voerbanke beskikbaar gestel, waar boere goedkoop voer vir hulle vee kan koop. Ons hoor waar sake nou staan.
Jy kan ook uitsien na ons eerste bydraes vanaf Nampo Kaap.
Weeskinders – ‘n Verhaal van die mense van Platfontein
Luister Donderdagaand na dié dokumentêr, vervaardig deur Fritz Klaaste en Johann Pieterse, in samewerking met XK-FM.
Die hoorbeeld vertel die !Xu en Khwe se storie van ontworteling, verwerping en hul stryd met integrasie.

Luister na die dokumentêr:
Agtergrond-inligting
Die !Xu en Khwe het eens in vrede en harmonie geleef in die geografiese area van Suid-Angola en Noord-Namibië.
Die Portugese Weermag het hierdie natuurmense van Suid-Angola en Noord-Namibië opgekommandeer om saam met hulle te veg in die Angolese Vryheidsoorlog van die 1970’s.
Met die onttreking van Portugese troepe uit Angola besluit die SAW om dié gesoute troepe in te neem en om ‘n nuwe bataljon, genaamd 31 Bataljon, te vorm. Dié troepe is gebruik vir teen-intervensie operasies in die Caprivi-Strook van Noord-Oos Namibië.
In die tydperk vóór Namibiese onafhanklikheid, het die personeel van 31 Bataljon ‘n kopseer geword, totdat Verenigde Nasies-gesant Martti Ahtisaari ingestem het om hulle vry te stel om hervestig te word in Suid-Afrika. Die lede van 31 Bataljon was nie welkom in Namibië nie en as Suid–Afrikaanse Weermaglede, die verantwoordelikheid van die Suid-Afrikaanse regering.
Die soldate en hul gesinne is tydelik in ‘n tentedorp gevestig in Schmidtsdrift, 80 km buite Kimberley.
‘n Grondeis word in 1992 ingestel op Schmidtsdrift en die Suid-Afrikaanse Weermag besluit om die gemeenskap te hervestig. Die !Xu en Khwe sou uiteindelik vir tien jaar in hierdie tentedorp leef, totdat Oud-president Nelson Mandela ‘n titelakte van eienaarskap van Platfontein in Mei 1999 aan hulle oorhandig het. Behuising is verskaf om sowat 7 000 mense te huisves. Dit sou ‘n permanente vesting vir die gemeenskap bied.
Weeskinders is vervaardig deur Fritz Klaaste en Johann Pieterse en word uigesaai op Donderdagaand 26 September om 20:00.




Daar is met sowat 40% van voorafbetaalde elektrisiteitsmeters geknoei
Johan Hopley, senior bestuurder by Impact Meter Services gesels oor die bewering.
Wêreld-Alzheimersmaand: Innes Benadé gesels oor sy ma se reis
September is Wêreld-Alzheimersmaand en Saterdag 21 September is Wêreld-Alzheimersdag. Daar is na raming sowat 50 miljoen mense wêreldwyd wat aan Alzheimer se siekte en/of demensie ly, en dié syfer sal na verwagting teen 2030 op 78 miljoen staan.
Die sanger, Innes Benadé, se ma ly aan demensie, en hy en sy vrou versorg haar. Innes het ingestem om sy pad met Alzheimers met ons te deel.